DIE PAD NA HEILIGHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus Christus, ons Verlosser staan alleen in volmaakte heiligheid. Omdat Jesus alleen heilig en volmaak is, sal God geen ander persoon erken nie. Daarom, as ons ooit deur die hemelse Vader aanvaar wil word, moet ons in Christus wees, alleen deur die genade van Christus en nie op ons eie meriete nie.

“En albei in een liggaam met God versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het” (Efésiërs 2:16). “Deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep” (2:15).

As gevolg van Christus se werk aan die kruis, kan die mens nie langer te probeer om heilig te wees deur God se wet te onderhou nie. Hy kon nie heilig word deur goeie werke, regverdige dade of enige menslike poging nie. In plaas daarvan, het die Vader een man as heilig aanvaar: die nuwe, opgestane mens.

En toe hierdie nuwe mens almal wat in Hom glo aan die Vader voorgestel het, het die Vader gereageer: “Ek neem hulle aan as heilig, omdat hulle in my Seun is” (sien Efésiërs 1:6).

Ons is die liggaam van hierdie heilige, onberispelike mens, “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Korinthiërs 12:27). Ons is gemaak been van Christus se been en vlees van sy vlees en is in sy familie aangeneem: “So is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen lede van mekaar” (Romeine 12:5).

Omdat ons in Christus is, is ons heilig gemaak. “As die wortel heilig is, dan die takke ook” (Romeine 11:16). “Ek is die wynstok, julle die lote” (Johannes 15:5).

Die pad na heiligheid is nie deur menslike vermoë nie, maar deur geloof in ons Here Jesus Christus. Wat ‘n wonderlike oplossing vir die angstige smekinge van die menigtes wat daarna dors om heilig te wees. Ons is heilig as ons in Christus se heiligheid rus! Ons heiligheid is sy heiligheid – dit vloei na ons, die takke, van die wortel af.