DIE OORWINNING IS REEDS BEHAAL

David Wilkerson

Word jy elke oggend angsbevange wakker oor ‘n boesemsonde of begeerte in jou lewe? God weet alles van die sonde wat in jou hart oorgebly het. Hy weet jy haat dit en het daaroor gehuil en Hy wil hê jy moet hierdie boodskap hoor: “Die  HERE is my sterkte en my skild; my Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp” (Psalm 28:7).

Satan wil hê jy moet bang wees dat jy nooit verlos sal word en nooit vry sal wees nie. Maar Dawid het gesê, “Ek sal geen onheil vrees nie”  (Psalm 23:4).

God sê vir alle bedroefde, lydende gelowiges, “Vrees nie! Ek sien en ken al jou lyding en Ek sal nie toelaat dat Satan jou vernietig nie.”

Jy mag vra, “Wat moet ek doen? Hoe kan ek die Here se vrede in dit alles hê?” Die antwoord word in gevind in God se woord aan Moses en Israel. Met die see voor hulle, en ‘n vyand agter hulle, en geen plek om heen te gaan nie, het God hulle beveel, “Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir hulle sal bewerk . . . Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees” (Exodus 14:13-14).

Die laaste frase, “Jy moet stil wees,” beteken, niks meer kommer, niks meer alles probeer uitwerk op jou eie nie. In plaas daarvan, vertrou God om vir jou ‘n weg te maak.

Josua en sy leër moes die hele nag lank marsjeer na Gibeon, waar hulle ‘n massiewe militêre masjien teëgekom het. Josua het afgekyk na die slagveld en het die vallei gevul gesien met magtige strydwaens en goed-opgeleide infanteriemanskappe – al wat hy egter gehad het, was ‘n groep moeë, onopgeleide troepe.

“En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie” (Josua 10:8).

God het oorwinning verklaar voor Josua in die oorlog ingegaan het! Hy het gesê, “Die oorwinning is reeds behaal. Gaan nou en veg, met die wete dat Ek vir jou die oorwinning belowe het.”

Dit is die boodskap van die kruis! Die oorwinning is reeds vir ons behaal.