DIE ONTSAGWEKKENDE KRAG VAN JESUS SE NAAM

Nicky Cruz

Jesus het saam met Sy dissipels in die boot gevaar (Markus 5:1-18), toe Hy hulle oor die see van Galiléa geneem het na die gebied van die Gadaréners, ‘n land wat deur heidene bewoon is. Toe Jesus uit die boot geklim het, het ‘n duiwelbesete man na Hom gehardloop en op sy knieë geval. Die duiwels het op Jesus geskree, “Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die Allerhoogste God!” En die duiwels het Hom gesmeek om hulle barmhartig te wees.

Jesus het vir die man gevra, “Wat is jou naam?” Maar hierdie antwoord het weer van die duiwels binne-in hom gekom: “My naam is Legio, want ons is baie.”

‘n Trop varke het daar naby gewei, en die duiwels het Jesus gesmeek om hulle toe te laat om in die diere in te gaan. Die duiwels het geweet dat hulle geen gesag en mag gehad het in die teenwoordigheid van God se heerlikheid nie. Satan hou daarvan om hulpelose mense te beledig en te spot, maar toe Jesus opgedaag het, het die duiwel vinnig verander in die swak en patetiese verloorder wat hy werklik is.

Daar is ‘n ander aspek van die lewe wat nie verander het nie. Slegs vandag, word Satan gedwing om te sidder en weg te kruip, nie net met die aanskouing van Jesus nie, maar van enige volgeling van Christus. Die naam van Jesus in die mond van ‘n gelowige het ontsagwekkende krag!

Om die duiwels toestemming te gee om in die liggame van ‘n trop vuil varke in te gaan, was ‘n gepaste ironie, en Jesus het dit toegelaat. Onmiddellik het die varke van die afgrond daar naby neergestort na hulle dood. Vir my, het dit nog altyd gelyk na ‘n volmaakte voorafskaduwing, waarna Satan en sy demone moet uitsien op die Oordeelsdag.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.