DIE ONDEURGRONDELIKE GENADE VAN GOD

David Wilkerson

Die toneel by Golgota het beslis nie na ‘n oorwinning gelyk nie. Maar op daardie dag, was daar iets aan die werk waarvan Satan nie geweet het nie. Dit was iets wat die duiwel nooit oor ons geseënde Verlosser sal verstaan nie. Ek praat van die ondeurgrondelike genade van God in Christus!

Iets ontsagliks gebeur wanneer ‘n persoon Jesus as Here ontvang. Wanneer hulle die wêreld laat staan en Hom volg, is hulle vir altyd aan die Here verbind met onbreekbare koorde van liefde. Dink aan Paulus se beskrywing van hierdie diep, onverstaanbare genade:

“Wie sal ons skei van die liefde van Christus?. . . Geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie” (Romeine 8:35, 38-39).

Ten spyte van die dissipels se skandalige mislukking, was God se genade ten volle aan die werk in hulle deur die Heilige Gees. En daardie genade het die oorwinning ná die donker dag van die kruis bepaal. ‘n Saad van geloof is in Jesus se volgelinge ingeplant en hulle huise was op die rots gebou. Natuurlik was hulle huise geskud terwyl sataniese storms teen die mure gewoed het en kragtige golwe teen die fondamente geslaan het. Maar toe die storm verbygegaan het, het daardie huise die toets deurstaan.