DIE OESREËN

David Wilkerson

Die profete – van Jesaja, Jeremia en Esegiël af tot by die kleiner profete – openbaar dat in die laaste dae, God se Gees weereens uitgestort sal word op voorbereide mense. Hierdie gebeurtenis word na verwys as die “oesreën.” Dit word belowe dat dit ‘n groter gebeurtenis sal wees as die “vroeë reën,” wat die Gees se magtige uitstorting by Pinkster was.

Hierdie profesie van ‘n “laat reën” verwys na Israel se twee jaarlikse reëns. Hulle seisoene was die teenoorgestelde as ons s’n vandag, met die vroeë (of eerste reën) wat in die herfs kom en die nuutgeplante gewasse natmaak. Dit tipeer wat by Pinkster gebeur het toe die “eerste reën” geval het in ‘n groot uitstorting van God se Gees. Daardie reën het die saad van God se Woord natgemaak en dit het gegroei en versprei om die wêreldwye kerk wat ons vandag sien, te word.

GEEN OES SONDER REËN NIE

Israel se “laat reën” het in die lente gekom en die gewasse ryp gemaak net voor die oes. Sagaria verwys na hierdie laat reën, ‘n uitstorting van die Heilige Gees in die laaste dae (sien Sagaria 10:1).

Moses het gesê daar sal eenvoudig geen oes wees sonder nog ‘n reën nie. Die Here het vir Israel deur hom gesê, “As julle dan goed luister na my gebooie...dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel” (Deuteronómium 11:13-14).

WORD WAKKER, KERK!

Laastens gee Joël 2:21-27 vir ons ‘n lewendige beeld van hoe dit lyk wanneer hierdie oesreën kom en hy sê in wese, “Word wakker, kerk! Kyk rondom jou. Wat jy sien gebeur is geprofeteer. Dit begin reën en die Here het die wolke helder en vol water gemaak. Die Gees berei alle dinge voor vir die laaste groot oes.”