DIE MOEILIKSTE DEEL VAN GELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het in Getsémané gesê, “My siel is diep bedroef tot die dood toe” (Matthéüs 26:38). Kan jy jou indink dat die Seun van God ‘n nag van verwarring beleef het? Het Hy nie geweet dat Hy op die punt was om algehele oorwinning oor die hel en die dood te behaal nie? Het Hy nie ‘n aangebore gevoel van leiding en roeping gehad, met die wete dat die Vader met Hom was nie?

Daar word deur geslagte van Christene getuig dat die moeilikste deel van geloof die laaste halfuur is. Ek wil byvoeg dat die nag van verwarring net voor die oorwinning kom, net voor die duisternis verdwyn en die lig begin deurbreek.

Net voor die mag van die Satan verbreek word, sal jy ‘n verwoestende nag van verwarring beleef. In daardie uur, sal dit vir jou lyk asof of alle leiding weg is en jou roeping verdwyn het. Die gewaarwording van God se Gees waarop jy eens vertrou het, sal voorkom asof dit verdwyn het. Jy kan met Job saamstem toe hy gesê het, “As die Here aan die werk is, dan sien ek dit nie.” (sien Job 23:8).

Talle in Christus se liggaam beleef morele kwessies soortgelyk aan Dawid s’n. In hulle nag van verwarring wonder hulle, “God, waarom ek? My hart het na U gesoek toe my sonde my oorweldig het. My siel word deur dit alles gefolter. Ek verstaan nie.”

Moenie vir een oomblik dink dat iemand, wat magtig deur God gebruik word, al die antwoorde het nie. Ek weet wat dit is om daardie goddelike stilte in ‘n nag van verwarring te beleef. Ek weet hoe dit voel om te gaan deur ‘n seisoen van onrus en verbystering met geen duidelike leiding nie. Al my vorige patrone van leiding en onderskeiding was nutteloos. Ek kon eenvoudig nie ‘n uitweg sien nie en al wat ek kon doen, was om die volgende uit te roep: “Here, wat het gebeur? Ek weet nie watter kant toe nie.”

Ons sal almal daardie nag beleef. Tog, dank God, dit ‘n seisoen is wat sal verbygaan. Die Here begeer om ons pad duidelik te maak. Hy het belowe, “Ek sal My tot jou wend met liefdevolle barmhartighede.” En so sal Hy doen vir ons, sy kinders en sy genade aan ons skenk in ons tye van isolasie.