DIE MOEILIKSTE DEEL VAN GELOOF

David Wilkerson

Op sy pad terug huistoe ná ‘n groot militêre oorwinning, was Koning Asa van Juda onderskep deur ‘n profeet. Hierdie man het nie gekom om Asa geluk te wens nie, maar om vir hom ‘n waarskuwing te gee: “So lank as wat jy op die Here staatmaak en Hom ten volle vertrou, sal jy geseënd wees. Hy sal met jou wees en vir jou oorwinning na oorwinning gee. Maar as jy Hom verlaat en op jou vlees vertrou, sal jy net wanorde en chaos op elke gebied van jou lewe ondervind” (see 2 Kronieke 15:1-6).

 

N GLORIERYKE TYD

Asa het hierdie boodskap ter harte geneem en getrou met die Here gewandel vir ses-en-dertig jaar. Gedurende daardie tyd, het God Juda baie geseën. Dit was ‘n wonderlike, glorieryke tyd om te leef in daardie land, maar na al daardie jare, het daar nog ‘n krisis opgeduik. Die afvallige koning wat oor Israel geheers het (wat hulself afgeskei het van Juda) het ‘n aanval op Asa geloods. Hy het Rama, ‘n dorp net vyf myl van Juda se hoofstad, Jerusalem, ingeneem, en daardie noodsaaklike handelsroete na die stad afgesny. As iets nie gou sou gebeur nie, sou Juda se hele ekonomie in duie stort.

 

VREES EN PANIEK

vra by ‘n berugte vyand, die koning van Aram. Ongelooflik soos dit mag klink, het Asa Juda se skatkis van al sy rykdom gestroop en die aan die Arameërs aangebied om Juda te verlos. Dit was ‘n daad van totale ongeloof.

Dit word dikwels gesê dat die moeilikste deel van geloof daardie laaste halfuur is. God het in werklikheid reeds ‘n plan in werking gestel om Juda te verlos, maar Asa het daardie plan gekanselleer deur in vrees en paniek op te tree.

 

NOG ‘N PROFETIESE WOORD

Asa het nog ‘n woord ontvang, “Omdat jy nie op die Here vertrou het nie, sal jy van nou af oorlog hê” (sien 2 Kronieke 16:9). En so het dit in Juda gebeur.

Om in ongeloof op te tree, bring altyd wanorde en chaos.