DIE MAG OM DIE DUIWEL SE PLANNE TE STUIT

Nicky Cruz

Dit is belangrik dat ons Satan en sy weë probeer begryp terwyl ons die Here se leiding volg. Ons moet weet hoe die vyand probeer om God se werk onder ons te stuit.

Satan se haat teenoor volgelinge van Christus is baie werklik. Hy verag alles waarvoor God staan, en hy doen alles wat hy kan om mense weg te hou van die waarheid. Ek het sy woede gesien vandat ek ‘n klein kindjie in Puerto Rico was. My ouers was dwarsdeur die hele gebied bekend vir die beoefening van die okkult, so ek het grootgeword terwyl ek die kragtige houvas gesien het van Satan op diegene wat onder sy invloed was. Toe my moeder ‘n Christen geword het, was dit ‘n noodlottige slag vir die werk wat Satan in my familie ingebou het. Sy was eens een van sy grootste bondgenote, en nou het sy sy vreeslike vyand geword.

Nadat my moeder haar lewe vir Jesus gegee het, het ek en my vrou, Gloria, haar by haar huis besoek. Elke nag wat ons daar was, sou Gloria op die kop 3-uur in die oggend wakker gemaak word deur ‘n skrikwekkende geluid buite haar venster. Toe sy ons daarvan vertel het, het my moeder gelag en gesê, “Moenie dat dit jou pla nie. Vandat ek ‘n Christen geword het, is die demone kwaad vir my. Beveel hulle om stil te bly en gaan slaap dan weer.”

Gloria was nie seker wat om te dink van haar raad nie, want sy het nie grootgeword met die dinge wat my familie beleef het nie. Maar dit is hoe ek altyd probeer om met Satan en sy uitgeslape demone af te reken. Ten spyte van hulle aanvalle, so skrikwekkend as dit mag wees, is die beste benadering om bloot op die persoon en krag van Jesus te fokus. Al wat Satan probeer doen, is om ons aandag daarvan af te lei om mense van Jesus te vertel.

Die apostel Paulus het ons herinner dat Jesus “die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het” (Kolossense 2:15). Deur  hierdie daad, het Jesus al sy volgelinge die vermoë gegee om boosheid te ontlont wanneer dit ook al in ons teenwoordigheid sy opwagting maak.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.