DIE LOUTERENDE VUUR

Jim Cymbala

In die portaal van ons kerk se tweede-vloer hang ‘n groot skildery van ‘n vroeë 1900’s Heilsleer straatbyeenkoms in New York Stad. Die oorlogskreet, of leuse, van die Heilsleer was “BLOED EN VUUR.” Bloed het die bloed van Jesus, wat gestort is om alle mense te red, verteenwoordig, en vuur het die Heilige Gees, wat gestuur was om gelowiges toe te rus en lewens te verander, verteenwoordig.

Catherine Booth, die vrou van William Booth, die stigter van die Heilsleer, het die belangrikheid van vuur as die simbool van die Heilige Gees verstaan. Bekend as die moeder van die Heilsleer, het Catherine in haar eie reg baie beroemd geword. Ek het eenkeer iets gelees wat sy gesê het wat by my gebly het, hoewel ek dit moet parafraseer, omdat ek nie die werklike bron kan onthou nie. In ongeveer 1890 het sy gesê, “Ek het deur die land gereis en ek het baie welsprekende woorde en baie meesterlike preke gehoor. Maar waarna my siel verlang, is vurige woorde.”

Catherine wou geseënde boodskappe hê wat harte deurdring, geroer en gebroke gelaat het. Sy het haar behoefte gevoel en het geweet dat verandering van die binnekant af na buite gebeur. Sy was ‘n leier wat God se Woord onderrig het en die verskil verstaan het tussen preke wat net woorde is en dit wat God geïnspireer het om lewens te verander.

Die profeet Maleági het geskryf,  “[God] sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en silwer” (Maleági 3:3).

Wanneer die Heilige Gees ons harte ondersoek, is Hy soos ‘n louterende vuur. Net soos ‘n goeie vuur metaalskuim en onsuiwerhede wegbrand, word onwaardige dinge uit ons lewens weggebrand wanneer ons toelaat dat die Gees Sy werk doen.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.