DIE LIG VAN SY GOEDERTIERENHEID

David Wilkerson

“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is” (2 Corinthians 3:18).

As Jesus Christus jou Here is, het Hy die lig van sy goedertierenheid beveel om in jou siel in te skyn.

Hierdie heerlikheid van Christus – hierdie teer, goedertierenheid wat in ons harte skyn terwyl ons bid en Sy Woord ondersoek – verander ons, “van heerlikheid tot heerlikheid,” na die beeld van Christus. En die openbaring van liefde, medelye en besorgdheid wat ons van Hom ontvang, moet uit ons na ander skyn.

Hierdie openbaring neem daagliks in ons toe “deur die Here wat die Gees is.” Dit is inderdaad die Heilige Gees wat ons in die heerlikheid van Christus inlei. Die Gees doen die werk om ons te laat skyn en ons te verander deur elke omstandigheid heen. Ten slotte, Hy wys ons hoe om Sy sorgsame goedertierenheid op ander wat in nood is, te laat skyn.

Ek vra jou: Wat doen jou huidige omstandighede aan jou en in jou? Is daar ‘n lieflikheid van Christus wat uit jou skyn? Vra jy die Heilige Gees om jou oë oop te maak vir die pyn en nood van ander? Dit is verandering waarvan Paulus praat wat in ons plaasvind deur die Gees van God.

Net hulle, wat rus in die volmaakte wil van God, kan vertrou dat “alle dinge ten goede meewerk” in die slegste omstandighede. So, liewe heilige, lig jou kop op en verklaar teenoor jouself, aan die hemel en aan jou omstandighede: “Ek leef in die volmaakte wil van God, kom wat wil.”