IN DIE LAASTE DAE

David Wilkerson

Ek weet die Bybel sê dat die Satan af gekom het aarde toe met ‘n groot wraak (sien Openbaring 12:12). Maar ek kan nie insien dat God Satan en sy magte sal toelaat om vrylik die kerk aan te val sonder dat die Heilige Gees met groter krag en openbaring kom nie.

Die Bybel sê:

Goddelose menses al meer en meer goddeloos word.
Daar sal ‘n groot afvalligheid wees
Die liefde van menigte sal koud word
Die geloof van baie sal skipbreuk ly
Valse profete sal menigtes verlei
Mense sal plesier meer liefhê as vir God

Maar geliefdes, niks hiervan sal die werk van die Heilige Gees beïnvloed nie. Niks kan die uitroep van oorwinning wat Hy bring, uitdoof nie. Niks kan die groot golf van triomf en lof wat kom, terughou nie. Niemand kan Sy vuur blus of sy reën keer om te val nie.

WEES GEREED OM TE GETUIG

Ek noop jou: Wees gereed in jou werkplek vir hulle wat kom vra, “Ek weet jy is ‘n Christen. Ek is so bekommerd oor wat in die wêreld aangaan. Vertel vir my asseblief wat jy glo.” Vir elke nederige pastoor van ‘n klein kerkie, en vir elke leier van ‘n ongesiene gebedsgroep, die Heilige Gees wil in jou midde kom, jou aanraak en jou laat herleef. Sal jy dit glo?

Die enigste ding waaraan daardie honderd-en-twintig dissipels in die Bovertrek kon vashou, was die belofte van Jesus dat Hy sou kom. En Hy het gekom – met krag wat nog nooit in die geskiedenis gesien is nie! Net so, al wat ons vandag aan kan vashou is ‘n belofte van ons Here. Hy het belowe aan almal wat Hom sou volg, “Net soos my Vader ‘n koninkryk aan My bemaak het, so bemaak Ek ‘n koninkryk aan julle” (Lukas 22:29).