DIE KUUR VIR ONGELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Hoe vind ‘n opregte gelowige die “kuur” vir ongeloof? Beskou hierdie gedagtes oor hoe om ontslae te raak van twyfel in jou hart.

Neem elke bekommernis, vrees en las na Jesus toe – en los dit op Sy skouers!

“Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 5:7). Geliefde, dit is God se persoonlike Woord aan jou. Dit is Sy uitnodiging, Sy versoek: “Moenie daardie las nog een uur langer dra nie. Ek gee om oor alles wat gebeur en Ek is groot genoeg om dit alles vir jou te dra.”

Ek is so dankbaar dat God nooit oorspanne of oorlaai is nie! Sy skouers kan die las van al Sy kinders op een slag dra; Hy dring immers by ons aan “Werp jou sorg op die HERE, en Hý sal jou onderhou: Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie” (Psalm 55:22).

Gaan nou dadelik met jou lysie laste af en sê vir God: “Vader, ek gee hierdie probleem vir U, hierdie uitdaging, hierdie verhouding.” En wees ten volle oortuig dat Hy omgee!

Begin dan wandel in volle geloof op die geskrewe Woord van God. Neem die Here se uitdaging aan om te leef deur Sy Woord! “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4). Jy moet in staat wees om te sê, “Ek gaan lewe en sterwe deur God se Woord!”

 “Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig” (Judas 24). Laat God die las neem om jou te bewaar. Neem Hom bloot op sy woord daarvoor en sê vir Hom jy gaan jou lewe daarop op die spel plaas. Wys vir Hom jy vertrou elke woord van Hom – en wees geseënd!