DIE KRAG VAN SPRAAK WAT VOL VERTROUE IS

Carter Conlon

In die laaste boek van die Ou Testament, het die profeet Maleági gepraat oor iets wat gebeur het en weer onder God se mense sal gebeur in ‘n tyd van geestelike verval. “Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek” (Maleági 3:16). Waaroor het hulle gepraat? Het hulle nie met mekaar gepraat voor hierdie oomblik in die geskiedenis nie? Wat is dit in hulle spraak wat verander het?

Die Skrif sê vir ons dat “Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op” (Spreuke 12:25). Dit sê ook, “Hoe goed is ‘n woord op sy tyd” (Spreuke 15:23) en dit beveel ons “laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel” (Kolossense 4:6).

Daar is ontsaglike krag in kalm spraak wat vol vertroue is. Ek en jy moet mekaar nou bemoedig! Ons het nie die vuur, die aardbewing of die wind nodig nie. Daardie dinge is wonderlik en as God sou kies om dit te doen, laat dit dan so wees. Maar daar is iets kragtiger as al daardie dinge saam, spesifiek in hierdie uur. Dit is daardie kalm, sagte stem van vertroue in God. Dit is die stem wat sê, “Alles is reg. God is in beheer van jou situasie, my suster, my broer. God is steeds op die troon. Jesus is steeds die Oorwinnaar en ons is steeds meer as oorwinnaars.”

Jy het geen idee hoeveel krag God gewillig is om in jou lewe te stort soos jy deur jou dag gaan nie – in jou woonbuurt, jou werkplek, jou huis – eenvoudig deur woorde van vertroue in die goedheid en getrouheid van God uit te spreek. Laat ons ons harte oopmaak vir die Here en begin om met mekaar te praat in daardie kalm, sagte stemme. Ons sal die ontsaglike voorreg ontdek om ‘n ambassadeur van die krag van God vir hierdie geslag te wees.

 

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson, en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.