Die Krag Van Die Here Se Teenwoordigheid

Hierdie boodskap is omtrent die almagtige krag van God se teenwoordigheid - en hoe ons daardie krag kan verkry! Die Skrif voorsien ons van eindelose voorbeelde van hoe die teenwoordigheid van God sy kinders krag gee om vir Hom te lewe. En een van die kragtigste hiervan kan in die lewe van Moses gevind word.

Moses was verseker dat sonder God se teenwoordigheid in sy lewe dit niks gebaat het om enige iets aan te pak nie. Toe hy van aangesig tot aangesig met die Here gepraat het, het hy gesê, ".As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat weg trek nie" (Eksodus 33:15). Hy het gesê, "Here, as U teenwoordigheid nie met my is nie, dan gaan ek nêrens heen nie. Ek sal nie `n enkele tree gee tensy ek verseker is dat U met my is nie!"

Moses het geweet dat dit God se teenwoordigheid in Israel was wat die mense verskillend van alle ander nasies gemaak het. En dieselfde is waar van die kerk van Jesus Christus vandag. Die enigste ding wat ons verskillend maak van ongelowiges is God se "by ons" - lei ons en werk sy wil in en deur ons.

Moses het nie omgegee hoe ander nasies hulle leiding ontvang nie, hoe hulle hulle strategieë bepaal nie, hulle regerings bestuur of hulle leërs opgerig het nie. Hy het gesê, "Ons opereer alleenlik op een beginsel. Die enigste weg vir ons is om gelei of regeer te word, om oorlog te maak en in die dorre land te oorleef, is om die teenwoordigheid van God met ons te hê!

Wanneer die Here se teenwoordigheid in ons midde is, dan kan niemand ons skaad nie. Maar sonder Hom, is ons hulpeloos, minder as niks. Laat al die nasies van hierdie wêreld vertrou op hulle magtige leërs, hulle yster strydwaens, hulle opgeleide soldate, hulle nuwe wapens. Ons sal vertrou in die gemanifesteerde teenwoordigheid van ons God!"

Hier is hoe God Moses se stelling geantwoord het: "..Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?" (vers 14). Wat `n ongelooflike belofte! Die Hebreeuse woord vir "rus" hier is `n "gemaklike, stille rus." God sê, "Maak nie saak wat se vyande of vervolging jy in die gesig staar nie, jy sal altyd kalmte en rus in My vind!"

Dink daaroor: As `n kerk die gemanifesteerde teenwoordigheid van God in hulle midde het, dan sal daar geen rondgewoel, geswoeg of strewe wees nie. Die aanbiddingsdienste sal nie voort gejaag word met drie liedjies, `n offergawe opname en `n kort preek nie. In plaas daarvan, sal daar `n kalm vrede heers, `n stille rus - en elkeen wat deur die deur inkom sal dit aanvoel!

Natuurlik beteken dit nie dat `n kerk nie `n luide verheerliking of uitgelate aanbidding mag hê nie. In teendeel, ek glo dat daardie dinge dikwels die gevolg is van mense wat rustig is. `n Kerklike liggaam wat God se teenwoordigheid in hulle midde het, sal ten alle tye lewe, beweeg en aanbid met `n stille vertroue in die Here.

Dieselfde is waar van elke individuele Christen. As u Jesus se teenwoordigheid in u lewe het, dan sal u God se goddelikheid ondervind. U sal vrede en kalmte hê, sonder enige gekriewel of angs, geen heen en weer gehardloop om raad te soek nie, geen gevoel dat die bodem besig is om uit te val nie. U sal in rus lewe, wetend dat God alles onder beheer het!

Oorweeg hierdie Ou Testamentiese voorbeelde van die seëninge wat God se teenwoordigheid vir sy volgelinge gebring het:

  • God se teenwoordigheid was so opsigtelik in Abraham se lewe, selfs die heidene rondom hom het die verskil tussen hulle lewens en syne herken: ".Abimeleg het vir hom gesê: God is by jou in alles wat jy aanpak" (Genisis 21:22). Die heiden koning het gesê, "Abraham, daar is iets anders omtrent jou. God lei jou, beskerm jou en seën jou waar jy ookal gaan!"
  • God het Joshua belowe dat geen vyand teen hom staande sou bly in die teenwoordigheid van God nie: "Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos ek by Moses was, so sal ek by jou wees. Ek sal jou nooit in die steek laat nie, jou nie verlaat nie. Wees sterk, wees vasberade want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met `n eed aan hulle voorvaders beloof het" (Joshua 1:5-6). Wanneer God se Gees by ons teenwoordig is, kan ons sterk en dapper wees - want geen vyand kan ons leed aandoen nie!
  • God het aan Gideon gesê, ".Die Here is by jou, dapper man! Gaan met die krag wat jy het en gaan red die Israeliete." (Rigters 6:12,14). Die vers "met die krag" in die vers verwys na die vorige verse - dat "Die Here is met jou." Sien u wat God sê? "Gideon, hierdie is `n krag in jou wat so kragtig is, dat dit Israel kan red. En daardie mag is My teenwoordigheid!" Die Skrif openbaar Gideon as `n lafaard - so, hoekom het God hom `n "dapper man" genoem? Dit was omdat Hy aan Gideon wou bewys wat enige mens kon doen wanneer die Here se teenwoordigheid met hom is.
  • God het vir Jeremia gewaarsku dat die hele nasie teen hom sou draai en sy professië sou verwerp. Tog, God belowe, ".hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou help en jou red" (Jeremia 15:20). God het gesê, "Dit maak nie saak as die hele land teen jou draai nie, Jeremia. Al wat saak maak is My teenwoordigheid by jou. Wees versekerd, Ek is met jou!"
  • God het vir Jesaja vertel van `n spesiale belofte, wat Hy maak aan dié vir wie Hy lief is: "Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van Israel, julle Koning. So sê die Here, Hy wat `n pad gemaak het deur die see, `n deurgang deur die magtige waters, Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, `n leër op volle sterkte na sy ondergang toe" (Jesaja 43:15). God het gesê: "Met My teenwoordigheid wat by jou bly, kan jy deur vloede en vure gaan en oorleef. Jy sal nie net oorleef nie. Jy sal geseën en begunstig wees deur dit alles, omdat My teenwoordigheid by jou is!"

Hierdie Ou testamentiese versies is nie net dooie-letter stories nie. Hulle is bedoel om ons te bemoedig en voort te stu om God se teenwoordigheid in ons lewens te soek. Ons kan God dank oor wat Sy teenwoordigheid vir Abraham, Josua, Gideon, Jeremia en die hele Israel gedoen het. Tog, elkeen van ons het `n kragtige getuienis oor wat God se teenwoordigheid vir ons gedoen het - rigting aan ons lewens gegee het, deure oopgemaak het, hindernisse verwyder het, harte laat sag word het, en ons vreesloos gemaak het.

Ek het die bewyse hiervan sien waar word in my lewe. U mag sê, "Jy spog net!" Nee - die feit is, God se teenwoordigheid was met my ten spyte van myself!

Toe ons tien jaar gelede Times Square Kerk in New York begin het, het die teenwoordigheid van Christus uit ons almal gestraal in alles wat ons gedoen het. Ek onthou dat ek in `n bekende Broadway vervaardiger se kantoor in geloop het, soekend na `n teater om as `n kerk te gebruik. Die man se seketaresse en staf het my as `n voorwerp van bespotting aanskou: hulle woorde en houdings het my verseker, `n lae prediker, dat ek nie `n afspraak sal kry nie. Die feit is, ek het gedink dat ek selfs uitgeskop sou word. Maar toe kom die vervaardiger uit sy kantoor uit - en toe hy my sien nooi hy my in!

Oor die volgende paar weke het die vervaardiger en ek mekaar leer ken. By tye sou hy oor sy lessenaar na my kyk en sê, "Ek weet nie waarom ek soveel tyd met jou spandeer nie. My skedule is totaal en al vol." Maar waneer ek ookal in sy kantoor ingeloop het, het sy seketaresse my voor al die ander besoekers ingedruk, en gesê, "Gaan asseblief reguit in, Dominee - hy wag vir jou!"

Uiteindelik het hierdie man sy vlagskip teater aan ons verkoop om te gebruik as Times Square Kerk. Selfs toe hy die dokumente geteken het, het hy gesê, "Ek weet nie waarom ek dit doen nie!" Dit was slegs God se teenwoordigheid wat hom beweeg het om die gebou aan ons te verkoop. Slegs `n paar jaar later na die transaksie gedoen is, het hy en sy prokureur ons gesoebat om dit terug te koop!

Ek het gesien hoe God ander mense se harte ook verander. Die man wat die gebou langs ons besit het, het geweier om dit aan ons te verkoop as `n anneks. Maar met verloop van tyd het hy `n vriend van my geword en uiteindelik het hy die gebou aan ons verkoop. Die hele tyd het hy my bly sê, "Iemand daar bo werk vir jou!"

Dit is die krag van die teenwoordigheid van God. En elke Christen kan die selfde getuig: "God se teenwoordigheid by my het groot dinge teweeg gebring!"

God heg `n voorwaarde aan Sy teenwoordigheid in ons lewens. Hierdie voorwaarde vind ons in 2 Kronieke 15. In die vorige hoofstuk, het Koning Asa die leërmagte van Juda tot `n groot oorwinning gelei teen Etiopië se miljoenman leër. Tog getuig Asa dat dit God se teenwoordigheid was wat die vyand verdryf het:

"Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, net U kan die swakke teen `n oormag help. Help ons, Here ons God! Ons steun op U, en in U naam trek ons teen dié menigte op. U is ons God, Here; moenie dat `n méns teen U seëvier nie..Die Here het die Kussiete die onderspit laat delf teen Asa en Juda" (2 Kronieke 14:11-12).

Soos wat Asa en sy weermag die triomverende magte terug gelei het na Jerusalem, het `n profeet genaamd Asarja hulle ontmoet by die stadspoorte, met die volgende boodskap: "Luister na my, Asa ..As julle by die Here is, sal Hy by julle wees; as julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. Israel was lank sonder die ware God, sonder `n priester wat die wil van God bekend kon maak, en sonder die woord van God. Toe Israel hom in sy nood tot die Here sy God bekeer het en na Hom gevra het, het die Here Hom deur hulle laat vind" (15:1-4).

Hier is die geheim om die teenwoordigheid van God in u lewe te bekom en te behou. Die Here het Asa trompop herrinner, sonder om doekies om te draai: "Asa moet nooit ooit vergeet hoe julle hierdie oorwinning bekom het nie. Jy het na My gesoek met jou hele hart, heeltemal na my toe gedraai toe jy in die moeilikheid was - en Ek het my teenwoordigheid na jou toe gestuur. Dit was in My teenwoordigheid dat julle julle vyande op die vlug laat slaan het!"

Nou het Asarja vir Asa vertel, "Kan jy onthou hoe die koninkryk was voordat jy aan bewind gekom het? Alles was ongeballanseerd, met geen wette nie, geen leiding nie, geen regverdige onderrrig nie. Elkeen was `n wet op sy eie en het sy eie ding gedoen!"

Hierdie is `n akkuraate prentjie van baie Christelike huise vandag. Alles is buite werking, met geen outoriteit, vrede of rus nie. Elkeen doen wat hom of haar tevrede stel. Baie sulke families het 'n tragiese onfunksionele gemors geword.

Tog, dit hoef nie so te wees nie. Geen Christelike huis hoef onfunksioneel te bly nie. God se beloftes is onveranderlik, en Sy woord belowe, "Vir die res van jou lewe - vir so lank as wat jy aanhou om My te soek - sal Ek met jou wees. Wanneer jy na My om hulp roep, sal Hy Hom deur julle laat vind!"

Hierdie is nie `n gekompliseerde teorie nie. Eenvoudig gestel, as beide man en vrou - of albei - na God soek, dan is daar geen rede vir hulle huis om probleme te hê of om "wetteloos" te wees nie. Elkeen kan `n blywende teenwoordigheid van die Here bekom, as hy of sy dit doodeenvoudig van Hom soek.

".Die Here.sal Hom laat vind." (15:2) die Hebreeuse woord hier vir "vind" is "matsa," wat beteken: "Sy teenwoordiheid kom voort om in staat te stel, om te seën." In kort, hierdie vers vertel ons, "Soek na God met jou hele hart, en Hy sal na jou toe kom met Sy teenwoordigheid. Inderdaad, sy teenwoordigheid sal `n almagtige krag wees wat vanuit jou lewe voortspruit!"

God sluit sy verbond van genade met elke gelowige. Hierdie verbond word omvat in beloftes soos, God het die sonde van die mensdom op Christus gelaai." Jesus het `n vloek vir ons geword." "Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie."

Tog, God maak ook sekere spesifieke, spesiale beloftes aan dié wat gedetermineerd is om Hom met hulle hele harte te soek. Een so `n belofte is die verbond van Sy teenwoordigheid. Nietemin, hierdie verbond het streng voorwaardes. Die Woord maak dit duidelik dat as ons by die reëls van hierdie verbond hou, dan sal ons `n ongelooflike seën van God se teenwoordigheid in ons lewens ervaar. En dit verwys nie net na sake van redding nie. Dit spreek daarvan om sulke soekers na God te wees, dat Sy ongelooflike teenwoordigheid op ons uitgegiet word - en dit word gesien en herken deur almal!

God het hierdie verbond van Sy teenwoordigheid deur `n onbekende profeet wat die boodskap aan Eli, die hoë priester van Israel, gebring. Gedurende daardie tyd, het Eli teruggeval. Die Here het met hom gepraat, hom gewaarsku teen die toelating van sonde en kompromieë. Maar Eli het al God se woorde geïgnoreer. En nou het hierdie onbekende profeet vir Eli gesê, ".Ek het nadruklik gesê: Jou huis en jou nageslag sal My altyd in die tempel dien. Maar nou sê ek, die Here: Dit sal nie gebeur nie, want die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag" (1 Samuel 2:30).

Die woord "minag" het te doen met God wat Sy teenwoordigheid verwyder. Dit beteken nie dat die persoon verdoem is nie, maar eerder dat hy in die krag van sy eie liggaam sal loop. God het aan Eli gesê, "Ek was van voorneme om jou huis te seën, om jou te begenadig. Maar jy het My geminag, sag geword vir die sonde en toegelaat dat jou wellus my opsy skuif. Nou sal ek My teenwoordigheid van jou af wegneem!"

Baie mense kom na Christus toe met `n aanvanklike groot losbarsting van geloof. Tog oor tyd word hulle ywer al hoe minder, en begin hulle om die Here te verwaarloos. Hulle neem Sy opdragte ligtelik op en draai terug na hulle ou sondige weë. Tog glo hulle nog dat God se teenwoordigheid by hulle bly. Nee - dit is `n kullery, `n leuen, `n illusie! Die Bybel maak dit duidelik: As jy Hom versaak, dan sal Hy jou versaak!

God se belofte sal nooit faal nie. Maar sommige - soos die verbond van Sy teenwoordigheid - is absoluut voorwaardelik. Dit verlang meer as net ons samewerking. Natuurlik, God sal ons nooit versaak of ophou om ons lief te hê nie. Maar as ons in sonde bly, sal Sy teenwoordigheid nie met ons wees nie - en ons lewens sal nie langer `n instrument van Sy kragtige teenwoordigheid wees nie. Ons sal volgens die vlees lewe - strewend, vladderend, met geen krag of leiding nie!

Toe Israel in die woestyn was, het God sy teenwoordigheid aan hulle gemanifesteer deur `n wolk. Hierdie wolk was `n fisiese manifestering van God se belofte om met sy volk te wees. Dit het neergedaal en die tabernakel dag en nag bedek. En dit het as hulle gids gedien vir alle ondernemings. Wanneer die wolk beweeg het, het hulle beweeg, en wanneer die wolk gebly het, het hulle gebly. Die mense het nie nodig gehad om komitee vergaderings te hou om hulle rigting of toekoms te bepaal nie. Hulle het hulle sekerheid in die sigbare wolk van God se teenwoordigheid geplaas.

Vandag, hang dieselfde wolk van Sy teenwoordigheid oor u afgesonderde binnekamer van gebed. Dit wag daagliks om u te omvou in sy vrede. Dit sal u lei, u bemagtig en aan u vrede gee. En dit sal vir u gedetaileerde aanwysings vir u huis, werk en verhoudings gee.

U afgesonderde binnekamer kan enige plek wees - in die stort, op die bus na u werk toe, terwyl u reis werk toe. U kan alle ander dinge uitsluit en sê, "Here, ek het `n halfuur op die oomblik. Ek is lief vir U, Jesus, en aanbid U. Dit is my binnekamer tyd met U!"

Dit is wonderlik om saam met God toegesluit te wees, om `n konstante gebedslewe met God te ontwikkel. God belowe dat wanneer u `n soekende, biddende dienskneg word, dan sal Sy teenwoordigheid deurbreek in u lewe - deure oop en toe maak en Sy goddelike teenwoordigheid om u bewerkstellig. Tog sal daar iets groter as hierdie dinge gebeur: God se teenwoordigheid sal u lei na `n openbaring van sy glorie!

Daar is `n verskil tussen God se teenwoordigheid en Sy glorie. Meeste Christene weet van Sy teenwoordigheid - Sy groot werke in hulle lewens- maar min weet van Sy glorie. In Eksodus word ons `n kykie gegee na die verskil: "`n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul" (Eksodus 40:34).

Die apostel Paulus skryf dat alle gelowiges se liggame die tabernakel van God is: "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?" (1 Korintiërs 3:16). Soos die Israeliete wat onder die wolk van God se teenwoordigheid geleef het, is ons gedurig onder die bedekking van God se genade. Tog, wat is die verskil tussen die aanskouing van God se teenwoordigheid en die aanskouing van Sy glorie?

Moses het God gesoek vir `n voortgaande manifestasie van Sy teenwoordigheid: ".sodat ek U kan leer ken." (Eksodus 33:13-14). En God het hom geantwoord, "Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?" (vers 14).

Moses se versoek sal vir meeste gelowiges genoeg wees. Ons wil almal dat die teenwoordigheid van God ons lei, ons bemagtig en ons seën. Regtig, wat meer kan enige gelowige begeer? Maar tog, om die sekerheid van God se teenwoordigheid te hê was vir Moses nie genoeg nie. Hy het geweet daar is meer. En hy het uitgeroep, ".Laat ek tog net U magtige verskyning sien" (vers 18).

God het Moses Sy glorie gewys. Maar dit het nie in `n skitterende wolk of in `n aardbewing of in `n demonstrasie van krag verskyn nie. Nee, God het sy glorie in `n eenvoudige openbaring van Sy natuur gewys: "Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: Ek die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.

Ek betoon My liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie." (34: 6-7). God se glorie was `n openbaring van sy goedheid, genade, liefde en deernis!

Ek het menige Christene hoor sê, "O, hoe het die glorie van God darem nie gisteraand in die kerk neergedaal nie! Daar was sulke ongelooflike prysinge, en mense is neergevel deur die Gees." Maar dit is nie bewys van die manifestasie van God se glorie nie. Dit het niks met God te doen anders as menslike emosies nie. Dit sluit nie `n openbaring van wie Hy is in nie!

Sommige mag redeneer, "Maar wat van die dissipels se ondervindinge op die Berg van Verheerliking? Was dit nie `n manifestasie van God se glorie nie? Daar was `n verblindende lig en die wonderbaarlike verskyning van Moses en Elia."

Maar God se glorie was nie in Moses of Elia of in die skouspelagtige lig nie. Eerder was Sy glorie in Jesus: ".sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.en `n stem uit die wolke het gesê: Dit is My geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom" (Matteus 17: 2-6).

God het gesê, "Hier is My glorie verpersoonlik - in Christus!" inderdaad, Jesus is die nakoming van alles wat God gesê het vir Moses - minsaam, genadig, lankmoedig, oorvloedig in goedheid en waarheid, die genade vir duisende, vergewing van onregverdigheid en oortredinge. En nou het die Here gesê, "Hier is `n lewende prentjie van My glorie. Dit is alles omvat in My Seun!"

Ek het al sommige Christenee hoor sê, "As die Here maar net vir my `n visie van die afgryslikheid van die hel wil wys, dan sal ek Hom nooit versaak nie. Ek sal elke dag vir Jesus leef!" Nee - daardie tipe van visie behou niemand nie. Slegs `n visie van wie Jesus is - van sy glorie, welwillendheid en genade - sal ons heilig hou. Ek ken `n man wat naby aan dood was en presies hierdie helse visioene ervaar het. Agterna het hy gesweer dat hy sy lewe aan Christus sal opdra. Maar binne weke is daardie visie dood en het hy na sy sondige weë teruggekeer.

God wil ons oë open vir ".en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het" (Efesiërs 1:18). Hy sê, "Al die glorie wat Ek aan Moses bekend gemaak het is verwesenlik in My Seun. En nou het Ek Hom aan julle gegee as julle erfenis. Julle het die reg om Hom te ken in al Sy glorie!" "In Hom is die volle wese van God beliggaam" (Kolossense 2:9).

Waarom het Moses so naarstiglik gesoek na `n visie van God se glorie? Ek glo die rede kan gevind word in hierdie vers: "Dáár sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur My magtige teenwoordigheid" (Eksodus 29:43). Die woord "heilig" beteken hier "skoon gemaak." God het met ander woorde gesê: Moses, omdat jy en die volk my dien, sal Ek met jou ontmoet en My teenwoordigheid gee. En wanneer ek my glorie aan jou openbaar, sal dit jou reinig!"

Hierdie is een van die kragtigste verse in die hele Skrif. Dit offer hoop aan almal wat sukkel met boesemsondes en wat vry en skoon daarvan wil wees. God belowe, "Jou tempel sal skoon gemaak word deur `n openbaring van My glorie. En daardie openbaring is nou beskikbaar - in My seun, Jesus Christus!"

Waar kan ons hierdie openbaring van Christus ontvang? Ons vind dit slegs wanneer ons na die Skrif toe gaan! Paulus sê, soos wat ons toelaat dat God se Woord `n altyd toeneemende bekendmaking van Jesus reflekteer, dan sal ons van heerlikheid tot heerlikheid verander word: "Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word" (2 Kortintiërs 3:18).

Hierdie openbaring van God se heerlikheid en glorie sal standhoudende krag lewer vir ons lewens: ".Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut" (Jesaja 4:5). Met ander woorde, God se glorie sal ons skoon hou in ons ergste uur. Satan mag vir ons lieg, "Jy is oorwin! Jy is `n bedrieër, `n leuenaar `n egbreker." Maar ons kan antwoord, "Nee, duiwel. Ek het `n hoëpriester - en ek is deur `n visie van Sy glorie gereinig!"

Toe God al hierdie dinge rakende sy natuur aan Moses geopenbaar het, het Hy hom ook die volledige openbaring gegee, ".maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie" (Eksodus 34:7). Asarja het aan koning Asa geprofiteer tydens sy mees triomfanklike uur, " As jy God se glorie verwerp - en julle sonde verskoon en God verwaarloos - sal Hy jou nie skoon was nie!" "..Maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat" (2 Kronieke 15:2).

Wat God hier aan ons sê, is eenvoudig: "Neem tyd om My Seun te leer ken! Ondersoek My Woord en soek My in jou afgesonderde binnekamer van gebed. Dan, wanneer jy in my teenwoordigheid vertoef, sal jou oë begin om oop te gaan vir My glorie. Dit is alles bekend gemaak in Christus. Hy is die volle openbaring van My liefde, welwillendheid, genade en goedheid.

"Soos wat jy deurentheid reflekteer op hierdie openbaring, sal dit jou skoonmaak en rein maak - omdat jy meer en meer soos Jesus sal word. As jy sien hoe lief en genadig hy teenoor jou is, sal jy meer liefdevol en genadig word teenoor andere. En dit sal my glorie wees wat Ek aan jou openbaar het!"

Geliefde, hou op om vir `n teken te soek. Stop om `n krag te verwag wat die kerkgebou gaan skud, of vir `n prediker om sy hande op u te lê en so al u probleme op te los. Soek na die Here alleen! Sy woord maak dit duidelik - u sal óf Sy aanhoudende teenwoordigheid ervaar óf u sal geminag word: "Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou." (16:9).

Soek Hom met u hele hart, en begeer Sy teenwoordigheid in u daaglikse lewe. Dan sal juy die ongelooflike glorie van God ken en ervaar!