DIE KRAG VAN BARMHARTIGHEID

David Wilkerson

 

Die barmhartigheid van God het wonderlike krag om te verlos. Sy barmhartigheid breek die kettings van alle verslawings en bring menigtes van die koninkryk van Satan oor na die Koninkryk van Christus.

Daar was ‘n tyd, met miljoene dwarsdeur die wêreld bedwelmd, dat Satan gedink het hy het oorwin. Trouens, die boodskap het dwarsdeur die wêreld versprei, dat as die duiwel jou verslaaf het, is jy hopeloos verslaaf vir altyd.

Maar in elke geslag, het God sy Heilige Gees na die strate en stegies gestuur.

  • Sy barmhartigheid gaan direk na die hart van Satan se grondgebied: na stede se krotbuurte, na dwelmhuise en na dakke waar verslaafdes in beswyming lê.
  • Sy barmhartigheid het geskyn op die swakstes, die wat die meeste deur dwelms lamgelê is en diegene wat eenkant toe gestoot is deur die samelewing as hopeloos verlore.

NIE VIR EWIG HOPELOOS NIE

Die eerste heroïenverslaafde wat gered en verlos was deur die Teen Challenge bediening, was Sonny Arguinzoni. Sonny dien nou as ‘n kerkleier van meer as 600 kerke wêreldwyd wat bestaan uit voormalige dwelmverslaafdes. Nicky Cruz, die bekende voormalige bendelid en gegradueerde van Teen Challenge, verkondig die barmhartige evangelie aan miljoene dwarsdeur die wêreld, met menigtes wat vrygemaak en verlos word.

NIE MEER VERLATE NIE

Die hele wêreld behoort op te staan en God te dank vir Sy reddende verlossing, vir herstel van diegene wat eens verlore en verlaat was deur die mensdom.

Ten minste behoort die samelewing God te dank dat Hy dronk pa’s red en hulle herenig met hulle vroue en kinders.

“Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Psalm 103:8).