DIE KOSTE VAN BARMHARTIGHEID

David Wilkerson

Selfs in jou sondige slawerny, het jou hart se uitroep Jesus bereik en sy teer barmhartigheid het jou tegemoet gekom. Hy het jou oë oopgemaak, jou verander en jou met Sy Heilige Gees gevul.  Hy het jou 'n werktuig van eer gemaak om Sy evangelie te verkondig.

Moenie 'n fout maak nie: dit is 'n duur barmhartigheid wat jy ontvang het. Ons verkondig dat God se barmhartigheid gratis is, dat dit onverdiend is en dat die prys daarvoor ten volle betaal is deur Christus se gestorte bloed. En alles is inderdaad waar. God is ten volle tevrede gestel deur die prys wat Jesus betaal het om vir ons Sy barmhartigheid te skenk, die erfenis in die hemel te gee en ons te verseker dat ons die ewige lewe het.

Daar is egter 'n prys aan die menslike kant — ons kant — vir God se barmhartigheid. Wat is die koste vir ons? Dit is die hoë koste om 'n ware getuie te word van die krag van die barmhartigheid wat ons ontvang het. Om dieselfde barmhartigheid te bied wat aan ons gegee is, sal ons in werklikheid duur kos hier op aarde. Dit is 'n prys wat ons kan verwag om te betaal in ons alledaagse lewe.

CHRISTUS SE VOORBEELD

Jy sien, Jesus beveel ons, “Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is” (sien Lukas 6:36). En, soos Christus as ons voorbeeld getoon het, is om barmhartig te wees soos die Vader barmhartig is baie duur.  Hoe meer Christus verhoog word ons lewens, hoe meer sal ons die volgende by die wêreld kry:

  • Algehele verwerping
  • Nie-aanvaarding van jou woorde
  • Bespotting en verwerping van God se barmhartigheid

Jesus het die prys van barmhartigheid in sy vlees betaal en jy en ek kan ook verwag om 'n prys te betaal.