DIE KOSBARE BLOED VAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die kosbare bloed van Jesus Christus is ongetwyfeld die kosbaarste gawe wat ons hemelse Vader aan Sy kerk geskenk het. Gewoonlik het Christene gesing oor die krag van die bloed in daardie ou lied wat sê, “Daar is krag, krag, wonderbare krag in die bloed van die Lam.”

Ek vrees egter dat ons nie die belangrike betekenis van die bloed verstaan nie. Hoewel dit waar is dat deur ons deur sy bloed vrygemaak is van die slawerny van ongeregtigheid – dat al ons sondes bedek is – is daar baie meer deug en waarde in die kosbaarheid van sy bloed.

Die meeste Christene weet dat Jesus sy bloed vir ons uitgestort het. Toe Christus die beker by die laaste Pasga opgelig het, het Hy gesê, “...Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word” (Lukas 22:20). Ons vier sy offer elke keer wanneer ons nagmaal hou. Maar in die Skrif word daar op twee maniere van die bloed gepraat: bloed uitstort en bloed besprinkel.

‘n Bekende voorbeeld van die “bloed besprinkel” is toe die Israeliete beveel is om ‘n bossie hisop te neem, dit in die bloed van ‘n geslagte lam te doop en dit aan die bokant en die twee sykante van die deurkosyn van hulle voordeur te sprinkel vir beskerming teen die doodsengel. Die huis met die bloed aan was dan sonder skade oorgeslaan (sien Exodus 12:22-23).  As die bloed in die skottel gelaat was, was dit van geen nut nie. Dit moes aangewend wees – besprinkel – om effektief te wees.

Hierdie bloed in Exodus 12, is ‘n tipe van die bloed van Christus. Die bloed wat gevloei het by Gólgota was nie vermors nie – dit het nie op die grond geval en verdwyn nie. Nee, daardie kosbare bloed was opgevang in ‘n hemelse fontein, gereed om besprinkel te word op die deurposte van jou hart, nie net vir vergifnis nie, maar ook vir beskerming teen al die vernietigende magte van Satan. Verkondig die oorwinning van Jesus se bloed in jou lewe en begin om Hom op ‘n nuwe manier te prys!