DIE HONGERSNOOD VEROORSAAK DEUR ONVERGIFNIS

David Wilkerson (1931-2011)

Vergifnis is nie ‘n eemalige daad nie, maar dit is ‘n manier van lewe met die doel om ons in al die seëninge van Christus in te bring. “Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 5:44-45).

Volgens Jesus, is vergifnis nie ‘n saak van kies wie ons wil vergewe nie. Ons kan nie sê, “Jy het my te seer gemaak om jou te vergewe,” nie. Christus sê vir ons, “Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?” (5:46).

Dit maak nie saak teen wie jou wrok is nie, as jy daaraan vashou, sal dit lei tot bitterheid wat alle aspekte van jou lewe sal vergiftig. Onvergifnis veroorsaak geestelike hongersnood, swakheid, en ‘n verlies van geloof wat almal in jou kring teister.

Vergifnis verander lewens en veroorsaak dat die vensters van die hemel oopgaan. Dit vul ons beker met geestelike seën tot oorlopens toe vol met oorvloedige vrede, blydskap en rus in die Heilige Gees. Jesus se lering oor hierdie onderwerp is baie spesifiek, en as jy hierdie wonderlike koninkryk van seën wil binnegaan, luister dan na sy woorde.

“Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie” (Matthéüs 6:14-15). Moenie ‘n fout maak nie! God onderhandel nie hier met ons en sê, “Omdat jy ander vergewe het, sal Ek jou vergewe” nie. Liewer, Jesus het gesê, “Volle belydenis van sonde vereis dat jy ander vergewe. Ware berou beteken om alle wrokke te bely en te laat staan en elke spoor van bitterheid teenoor ander te kruisig.”

“Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. Gee, en aan julle sal gegee word....want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” (Lukas 6:37-38). Dit gaan hand aan hand met sy Saligspreking van dieselfde preek: “Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word” (Matthéüs 5:7). Hy wil hê jy moet ander vergewe sodat jy die seëninge en blydskap van kindskap kan ontvang.