DIE HERE SE BEHAE

David Wilkerson (1931-2011)

Toe die dissipels vir Jesus gevra het, “Here, leer ons bid” (Lukas 11:1), was dit omdat hulle werklik wou leer bid op ‘n manier wat Hom behaag. Net so, sal talle Christene vandag baie graag getrou in gebed wil wees – maar hulle weet nie hoe nie. Aangesien hulle eenvoudig nie die lewensbelangrike doel van gebed verstaan nie, kan hulle nie ‘n betekenisvolle gebedslewe handhaaf nie.

Baie Christene bid slegs uit ‘n gevoel van verpligting en dink dit is iets wat hulle veronderstel is om te doen. Ander bid slegs ten tye van krisisse of rampe. Maar dit is belangrik om te verstaan dat, hoewel gebed vir ons eie voordeel is, is dit ook vir die Here se behae! Sonder hierdie twee elemente, het ons nie ‘n fondament waarop ons ‘n gebedslewe kan bou nie.

Ons moenie net smeek vir dinge wat ons nodig het nie, maar ons moet vra vir die dinge wat Hy begeer. En sy diepste begeertes is geselskap met ons – intimiteit en gemeenskap.

“Moenie julle kwel oor jul lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam – wat julle sal aantrek nie . . . Kyk na die voëls van die hemel . . . tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?” (Matthéüs 6:25-26)

“Want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (6:32-34, klem bygevoeg).

God sê in wese vir ons: “Wanneer jy in My teenwoordigheid kom, fokus jou aandag daarop om gemeenskap met My te hê, om My te leer ken. Moenie toelaat dat jou fokus op materiële dinge is nie. Ek weet wat jou behoeftes is en Ek sal vir alles sorg. Soek My net en laat ons soete gemeenskap geniet!”

Die soort gebed wat God die meeste behaag, is baie eenvoudig en maklik om te verstaan; trouens, dit is so eenvoudig dat ‘n klein kindjie dit kan bid op ‘n manier wat Hom behaag.