DIE HERE HOOR JOU VERBORGE GEBEDE

Gary Wilkerson

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Matthéüs 6:6).

Ons moet die diepte en krag verstaan van wat Jesus hier sê wanneer Hy praat van die Vader wat in die verborgene sien. Ons mag dalk godsdienstige gebede bid met die hoop om gesien te word as ‘n wonderlike heilige, maar God hoor nie daardie gebede nie, Hy let nie eens op dat ons bid nie.

Omdat God “in die verborgene” sien, sien of hoor Hy ons slegs wanneer ons harte in gemeenskap is met Hom in die verborge plek van sy hart. Hy sal slegs sien, kyk na en guns gee op dit wat in die hart van die verborgene gebeur. Daardie gebed moet kom uit gemeenskap met Hom, nie uit ‘n begeerte om ons welsprekendheid en passie te demonstreer of om van ons geloof ‘n vertoning te maak nie. Dit is toegang tot die realm van die Gees en nie net ‘n fisiese kamer waarvan Jesus hier praat nie. Dit is sy plek en wanneer jy daar kom, sien Hy jou. Hy sien nie jou vleeslike pogings nie – trouens, Hy ignoreer dit.

Wanneer Jesus sien dat jy Hom soek, wen jy sy hart. Hooglied van Salomo sê dat met net een kyk, het ons sy hart gewen (4:9). Sommige mense arbei hard in die vlees en moet steeds God se guns ervaar, maar diegene wat Hom in sy verborgene ontmoet en vanaf werke wegbeweeg na werke van liefde, is heeltyd onder sy oë en toesig.

As jy rondhardloop en probeer om erken en geëer te word met die hoop dat mense jou op die rug sal klop, sal jy teleurgesteld wees wanneer jy eendag voor die Vader staan. Dit is jammer maar Hy sal sê, “Ek weet jy was besig om baie dinge te doen wat jy gedink het wonderlik is, maar ek het daardie heiliges gesien wat my aangesig gesoek het.”