DIE HELE BEDIENING VAN CHRISTUS SE KERK

Gary Wilkerson

Hier is die definisie van die evangeliebediening volgens die apostel Paulus: “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk; verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening” (2 Timótheüs 4:1-5).

Paulus praat baie duidelik met Timótheüs: “Ek besweer jou as ‘n herder van God: weerlê, bestraf, vermaan. Dít is om jou bediening te vervul!”

Ek vra jou eerlikwaar: Word die hele bediening van Christus se kerk vervul vandag? Of is ons tevrede met ‘n kerk van vertroosting en plesier? Ek kan jou belowe, as herders toegelaat word om herders te wees – as aanbiddingsleiers toegelaat word om soveel tyd in gebed deur te bring as tydens inoefening en klankkontroles – as mense Bybelse kom om waarhede te soek in plaas van bloot vleeslike vertroosting – dan sal ons blydskap terugkeer. Ons doel sal terugkeer. Ons sending sal duidelik wees.

Wanneer dit gebeur, sal ons saam met Jeremia getuig, “Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart” (Jeremia 15:16). Dan, wanneer ‘n vreemdeling by ons deure inkom, sal hy op sy aangesig val in heilige verwondering. Hy sal besef hy het die antwoord gevind waarna hy gesmag het sy hele lewe lank. En hy sal uitroep, “Waarlik, God is in hierdie plek!” Amen – mag dit so wees, Here Jesus.