DIE HEILIGE GEES SE AANSPORINGS

Carter Conlon

Jare gelede het die Here dit op my hart gelê om ‘n Bybelstudiegroep in ‘n klein plattelandse kerk in ‘n baie klein dorpie genaamd Pendleton te begin. Dit was ‘n gedeelte van Kanada waarin daar geen Christelike getuienis was in ongeveer 100 vierkante kilometer waarvan ons bewus was nie.

Ek het na die Kerkraad gegaan en hulle vertel wie ek is en die rede hoekom ek hulle kerk wou huur. Hulle het ons op die ou end toegelaat om die gebou kosteloos te gebruik en het selfs ‘n opsigter verskaf wat die verwarmers aangeskakel het en die sneeu verwyder het in die winter.

Ek het dadelik strooibiljette gemaak wat die Bybelstudie geadverteer het en dit uitgestuur. Die eerste aand was daar ‘n sneeustorm en niemand het gekom nie! Dit was net ek en my ses-jarige seun, Jason en my swaer, wat die aanbiddingsleier was, wat daar was. My swaer het gevra, “Moet ons nie maar net huistoe gaan nie?”

“Nee,” het ek geantwoord. “Die Here het my geroep om dit te doen, so ons gaan vanaand ‘n diens hê!” En ons het. Ons het God aanbid, my seun het sy getuienis met ons gedeel en ons het almal ‘n baie goeie tyd gehad!

Ek het aangehou om elke week Bybelstudie te hou. Somtyds was daar ses mense wat bygewoon het, somtyds net vier. Maar, uiteindelik, met verloop van ‘n paar jaar, het die Bybelstudie groep gegroei tot ‘n kerk. Een kerk het twee geword met ‘n Christen skool en ‘n kosbank – ‘n getuienis wat vandag nog staan.

 Wat sou gebeur het as ek daardie eerste aand van die Bybelstudie net sou huistoe gaan? Ek kon gesê het, “Dit is sinneloos – dis nie die moeite werd nie”

Hoe jammer sal dit nie vir sommige wees wanneer hulle by die troon van God kom en besef dat die Here se aansporings daar was om iets te doen wat Sy naam sou verheerlik, maar hulle was egter nie gehoorsaam nie.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.