DIE HEERLIKHEID VAN CHRISTUS

David Wilkerson

“Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Korinthiërs 4:17-18).

Paulus sê vir ons, “Haal jou oë af van jou probleme. Moenie fokus op die dinge wat oor die aarde gaan kom nie, want dit alles sal verbygaan. Jou probleme en swaarkry beteken niks in die lig van die ewige heerlikheid wat op God se mense wag nie. Een oomblik in die paradys en jy sal niks daarvan onthou nie!”

Dit is van Christus geskryf, “Jesus...wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het...” (Hebreërs 12:2). Jesus self het gesê, “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Lukas 21:28).

Volgens Paulus, wanneer duisternis en onsekerheid besig is om ons te oorval, dan beveel God ‘n wonderlike lig om in ons harte te skyn.

Paulus praat hier van ‘n heerlike openbaring van die kennis van die heerlikheid van Christus wat na ons toe kom in ons beproewings:

“Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus” (2 Korinthiërs 4:6). Paulus beskryf vir ons niks minder nie as ‘n nuwe openbaring van die heerlikheid van God in die persoon van Christus.

Toe Paulus hierdie openbaring gekry het, was hy in die tronk sonder ‘n sent. Selfs al het hy geleef van nederige tronkkos, was hy lewend gemaak deur die nuwe openbaring van die heerlikheid van Christus wat hy daagliks ontvang het.