DIE HART VAN ‘N HERDER

Gary Wilkerson

Vir die grootste deel van my lewe het ek nogal ‘n verdraaide konsep van herders gehad. Toe ek Bybelstories gehoor het oor die herder Dawid, het ek my verbeel hy sit op ‘n rots, speel op sy harp en kyk hoe die skape saggies rondom hom wei. Maar ek het heeltemal ‘n ander prentjie gekry toe ek hulle eerstehands in Romenië dopgehou het ‘n paar jaar gelede. Hierdie hardwerkende mans was heeltyd besig om te soek na plekke met vars gras om te eet en water om te drink. Hulle was vroeg in die oggende op, het die skape gelei en na hulle behoeftes omgesien, en teruggekeer ná ‘n volle dag se rondswerf van gewoonlik ten minste veertien-uur per dag.

Dawid is ‘n perfekte voorbeeld van ‘n herder-kryger – een wat kon veg, koester en sing terselftertyd. Die hart van ‘n herder is onselfsugtig, gewillig om sy eie lewe vir sy skape te gee. Verder, is die hart van ‘n herder beskermend en opofferend. Dikwels bedreig vyandige roofdiere die skape en die herder moet te alle tye waaksaam wees. Dawid het vir Koning Saul gesê toe hy teen die reus Góliat wou veg: “U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar ’n leeu of ’n beer kom en ’n stuk kleinvee uit die trop wegdra, dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit” (1 Samuel 17:34-35).

Dit is defnitief nie ‘n herder wat lang middagslapies in die son geniet, op sy harp tokkel en dit rustig vat nie. Nee, hy was waaksaam en gereed om te veg. En Dawid was ‘n verstommende kryger. Hy het van oorwinning tot oorwinning gegaan met ‘n singende hart.

God maak ons nie net krygers nie, Hy maak ons ook aanbidders. Hy veroorsaak dat ons sing, ongeag waarmee die vyand teen ons kom. Dawid het ‘n lied gehad toe die leeus hom bekruip het en bere hom bedreig het omdat hy geweet het hoe om homself in die Here te versterk. Hy het gesing: “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie...Hy verkwik my siel” (Psalm 23:1-3).