DIE GROOTHEID VAN ONS GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Die Psalmis Dawid herinner ons aan God se grootheid, selfs te midde van oorweldigende vloedstrome. Ons huidige vloedgolf mag sy stem luid verhef het, maar God heers oor die hele natuur. Hy alleen is in beheer.

Dawid gee stem aan die smekinge van hulle wat deur vloedstrome in hulle siele oorweldig is: “Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom. Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.  Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God” (Psalm 69:1-3).

Dawid het ons egter te midde van elke groot vloedstroom ook die antwoord gegee: “Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte” (Psalm 93:4).

Op hierdie oomblik, styg vloedwater vir baie gelowiges – verdrukkinge, beproewings, groot probleme en bekommernis oor wêreldgebeure. Maar God het sy belofte verklaar: “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie: as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie” (Jesaja 43:2).

“Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid . . . Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees . . . Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders” (Psalm 103:8,11,17).

“Want u goedertierenheid is groot bo die hemel . . . en u heerlikheid bo die hele aarde” (Psalm 108:5-6).

“Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God: ek vertrou op die goedertierendheid van God vir ewig en altyd” (Psalm 52:10).

Laat toe dat God se woord jou in alles wat jy doen, verlig en versterk!