Die Groot en Finale Afvalligheid

Die apostel Paulus praat van ‘n groot afvalligheid wat op die aarde sal kom in die laaste dae. Wat is ‘n afvalligheid? Dit is ‘n “verwerping van die waarheid wat eens geglo en verkondig is.” Eenvoudig gestel, dit is ‘n wegdraai van God se waarheid. Paulus skryf van die afvalligheid wat oppad is:

“Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word as iemand vir julle sou sê die dag van die Here is al hier nie – … Laat niemand julle op watter manier ook al mislei nie. Die dag van die Here sal nie aanbreek voordat die laaste afvalligheid gekom het” (2 Tessalonisense 2:1-3).

Onlangs het die Heilige Gees my aangespoor om Esegiël 16 te bestudeer, wat van die afvallige kerk praat. Soos ek die hoofstuk gelees het, was ek oorweldig deur die droefheid van God. Dit openbaar sy gebroke hart oor ‘n kerk wat sy fondasies vergeet het en van sy glorieryke begin weggedraai het. Volgens Esegiël, het Israel so korrup geraak dat dit ‘n hoer kerk geword het, erger as Sodom. Die mense, vir wie God vrygespreek het, gewas en geseën het, het nou teen Hom gedraai, en die waarheid wat hulle eens op ‘n tyd geglo en gepreek het verwerp. Hulle afvalligheid het Hom deurboor.

Die Here het dus vir Esegiël na Israel toe gestuur om ‘n vernietigende boodskap te bring. Dit is ‘n profesie met ‘n dubbele toepassing, wat met sowel die Israeliete van toe gepraat het en met die kerk vandag. Esegiël begin met hierdie harde woorde: “O hoer, hoor” (Esegiël 16:35). Hier is God se boodskap:

“Toe Ek jou gevind het, was jy verafsku en in die veld weggegooi en het gebloei. Ek het jou gered en jou liefgehad, jou gewas met skoon water, jy het gegroei en ‘n pragtige vrou geword. Ek het jou toegegooi met seëninge, Ek het vir jou klere aangetrek en juwele om jou gehang. En ek het ‘n verbond met jou aangegaan, en jy het myne geword. Ek het jou laat vooruitgaan, en jou bekend gemaak aan al die nasies, gerespekteerd onder die heidene"”(16:5-11, my weergawe).

Dink aan Esegiël se beskrywing van Israel in hierdie hoofstuk. Hier was ‘n volk wat eens op ‘n tyd vry was van die gebondenheid van die dood, ‘n kerk wat versier was met die seëninge van ‘n geliefde, beeldskone bruid. Is dit nie die getuienis van God se volk vandag nie? Ons was almal vol bloed, gekoek in sonde, toe Jesus ons gevind het, en Hy het ons gewas en ons heel gemaak. Hy het almal wat na Hom gekom het vrygemaak, nuwe mense van ons gemaak, en ons oorlaai met seëninge en ons ‘n getuienis vir die wêreld gegee.

As ek dink aan ons geestelike vaders in die Nuwe Testamentiese kerk, dink ek aan dienaars wat hulle lewens gegee het om die evangelie te beskerm. Vanaf die begin het die dissipels en die apostels die hele plan van God verkondig, en Christus as Messiah verkondig tot die dag van hulle dood. Die Here het sy geskenke en sy seën uitgestort op die kerk van die eerste eeu, en dit het gegroei en vooruitgegaan in gees en in waarheid. Weldra het sy invloed onder die heiden nasies wêreldwyd versprei.

Uit die wortels wat deur die eerste kerk neergelê is, het ‘n boom ontspring met baie takke. Ons noem hierdie takke denominasies, organisasies, deelgenootskappe, bewegings, en hulle neem die vorm aan van vermenigvuldige uitdrukkings en vorms: Baptiste, Methodiste, Presbiteriane, Episkopiliane, Pinkster, Lutherane, Charismatiese en ander. Soos ons die oorsprong van hierdie takke bestudeer, vind ons dat die meeste van hulle begin is deur goddelike dienaars van Christus. Baie van hierdie goddelike stigters is gemartel vir hulle toewyding aan die suiwer Woord van God.

In my studeerkamer is nege volumes deur John Wesley, stigter van die Methodiste kerk. Ek glo Wesley was een van die goddelikste mense wat ooit geleef het. Hierdie man het oor die geestelike toestand van Engeland, Scotland, Ierland en Wallis, gehuil en sonder ophou vir hulle gebid. Sy toewyding het gelei tot een van die grootste herlewings in die geskiedenis.

Wesley sou in die donker opstaan en met sy perd gery het om die evangelie om sesuur in die oggend aan steenkool-mynwerkers te gaan verkondig, voordat hulle werk toe gaan. Hy het geweldige swaartye vir sy bediening, verduur, soms is hy deur bendes aangerand. Tog het Wesley getrou gearbei, totdat die herlewing gekom het, wat die Britse gemeenskap van die diepte van sy tronke tot die hooggeplaastes in die regering, verander het.

In die vroeë dae in Amerika, het Methodiste predikers opelugbyeenkomste gehou, soortgelyk aan Wesley se “kamp byeenkomste”. Hierdie mans, wat aangevuur was deur die Gees met dieselfde ywer as Wesley, het gewerk as “rondreisende ruiters,” en het te perde gereis deur Kentucky, Tennessee en die Midweste. Hulle byeenkomste is in die platteland gehou, en het mense van oral getrek. Die prediking was so kragtig, met diepe oortuiging van sonde, dat luisteraars inmekaar gesak het en uitgeroep het vir die vergifnis van hulle sondes.

Oorweeg die begin van die moderne Pinkster- beweging. Hierdie beweging het vroeg in die laaste eeu begin, in ‘n klein houtkerkie in Azusastraat in Los Angeles. Die gemeente het bestaan uit ‘n paar swartes en wittes wat hulleself toegewy het om te bid en te vas, en hieruit het die Heilige Gees Homself kragtig gemanifesteer. Die oortuiging in die kapel was so kragtig dat baie mense hulleself op die grond neergewerp het die oomblik as hulle ingestap het.

Kort daarna het besoekers van oral in die stad gekom om die herlewing te ervaar. Daarna het hulle van ver begin kom, en die Azusastraat herlewing het oor die wêreld versprei. Uit daardie klein kerkie het regverdige mans en vroue gekom vol van die vuur van Heilige Gees, dienaars wat nie sou buig voor die afgode van hulle tyd nie. En uit die herlewing het baie van die Pinkster organisasies wat ons vandag ken, ontspring: die Volle Evangelie Kerk, die Church of God, die Foursquare Kerk en ander.

Net soos die Here van die ou volk Israel gesê het, kan Hy ook van die meeste van hierdie groepe sê: “Ek het jou in die tyd van jou nood gevind. En Ek het jou opgetel, jou geklee in ‘n mantel van regverdigheid, jou liefgehad en jou geseën. Jy was arm, maar ek het jou voorspoedig gemaak, en jou invloed het tot die nasies versprei.

“Maar na dit, het jy trots geword en ‘n hoer geword. Jy het die geskenke wat Ek vir jou gegee het, misbruik. Jy het vergeet hoe Ek jou gevind het: kaal, verlate en hulpeloos.” “Met al hierdie afskuwelike dade van jou, met jou ontrou het jy nie onthou van jou jeug toe jy kaal en sonder klere in jou bloed gelê en spartel het nie.” (Esegiël 16:22, my kursiewe letters).

Hier is afvalligheid in sy duidelikste vorm: wanneer God se mense die waarheid wat hulle gered het, verlaat. In wese het die Here vir Israel gesê, “Jy het eens op ‘n tyd bely en geglo, maar jy het ‘n verraaier van die waarheid geword. Jy het die ou paaie verlaat en mensgemaakte metodes uitgedink. Jy het My nie langer meer lief nie, en jy het opgehou om My te vertrou. In plaas daarvan gaan jy jou eie gang. En dit het My toorn uitgelok.”

“Jy is soos ‘n immorele vrou wat ander mans ontvang en nie haar eie man nie” (16:32). Hier sien ons in een enkele woord, die neiging van God se mense. In kort, ons is geneig tot terugval. In ons wandel met die Here, is daar baie van ons wat op ‘n stadium ons begin vergeet. Ons vergeet hoe dit was om in sonde gevind te word, gereinig te word, geliefd te wees en geseënd deur God. En oor ‘n tyd word ons lou of koud in ons liefde vir Hom. Ander liefdes tree in.

Jy mag beswaar maak, “Maar dit is nie die regte interpretasie van Esegiël 16 nie. Die profeet het net na die natuurlike Israel verwys.” In teendeel, Paulus meld dat die Ou Testamentiese waarhede ‘n tweevoudige toepassing het, vir toe en nou: “Hierdie dinge het oor hulle gekom as ‘n voorbeeld vir ons en is opgeskryf as ‘n waarskuwing vir ons wat die eindtyd al beleef” (1 Korintiërs 10:11). Lees in hierdie verband, Esegiël se profesie is duidelik ‘n gelykenis, wat God se hart openbaar wanneer Sy mense terugval in afvalligheid.

Laat ek vir jou ‘n belangrike voorbeeld gee waar ons vandag hierdie afvalligheid sien plaasvind. Die Episkopaalse Kerk het gereeld die hoofopskrifte gehaal, vir baie jare. Dit is een van die oudste en grootste denominasies in die wêreld, ‘n kerk wat se oorsprong solied gegrondves was op bybelse lering. Dit het die evangelie verkondig van ‘n opgestane Verlosser, en sy kansel was geseënd met profete en heilige predikers. Inteendeel, die goddelike invloed van die Episkopaalse Kerk het deur die wêreld versprei, van Europa tot Afrika en die Amerikas.

Nou, egter, het hierdie eens toegewyde kerk in afvalligheid verval. Praat van ‘n groep wat ver van sy oorsprong wegbeweeg het:

  • Die kerk is een van die eerstes wat ‘n homoseksuele biskop ingeseën het.

  • Sommige Episkopaalse leiers probeer om die goddelikheid van Jesus tot minagting te bring.

  • Onlangs het biskoppe en leke lidmate van die nasionale beheerliggaam berig dat die kerk se bisdom die Drie-Eenheid kon interpreteer soos hulle wou. God kan ‘n sy wees, Jesus ‘n teer gedagte, en die Heilige Gees ‘n individu se keuse. Dit is blatante godslatering!

  • Die nuutverkose hoofbiskop is ‘n vrou wat die homoseksuele agenda aangeneem het, en die denominasie stuur af op ‘n skeuring. Plaaslike gemeentes sny hulle vondse af, biskoppe van Afrika het genoeg gehad, en roep uit dat die Amerikaanse kerke afvallig is. Intussen, is die kerklidmaatskap hier besig om te krimp.

In Engeland sien ons dat dieselfde ding besig is om te gebeur in die Anglikaanse kerk. Daardie kerk het tot so ‘n klein getal gekrimp dat kerkgeboue wat vir eeue gestaan het nou permanent gesluit word. Hierdie proses word “ontwyding” genoem. Hierdie manjefieke strukture was eens op ‘n tyd volgepak met ywerige gelowiges. Maar die Anglikaanse toestand het so afvallig geword dat hulle ‘n hele aantal van hulle kerk geboue moes verkoop, waarvan sommige in nagklubs, okkult museums en selfs moskees verander is.

Beide Harvard en Yale is as Bybelskole gestig deur goddelike predikers. Groot herlewings het eens op ‘n tyd deur hierdie kolleges gewaai, en kragtige predikers is van hulle uitgestuur. Vandag egter is hierdie beroemde universiteite broeineste van ateïsme, onbeskaamde verloënaars van die godheid van Christus. Hulle het afvallige instellings geword, wat ver van hulle bybelse oorsprong wegbeweeg het.

Dieselfde is ook waar van Columbia in New York en Princeton in New Jersey. Beide van hierdie kolleges is gestig deur goddelike predikers, maar ook hulle het nou afvallig geword. God, vir alhoe meer mense, is nie langer ‘n hemelse Vader nie, maar moontlik ook ‘n vroulike godheid. Christus word nie langer meer gehandhaaf as die Seun van God nie, maar word as ‘n goeie man of as ‘n charismatiese onderwyser uitgebeeld.

Selfs in Christen kolleges en evangeliese kweekskole wêreldwyd, is die suurdeeg van afvalligheid verskans. Dit is nou ‘n verlore stryd vir hierdie skole om te probeer om op die koers van die ou paaie te bly, omdat afvallige professore nie langer by die bybelse waarhede bly nie. Die nuwe evangelie wat hulle aanbied verwerp die idee van die godheid van Christus, die realiteit van die hel en ‘n oordeel, sowel as bybelse standaarde van reinheid en moraliteit.

Dink weer aan God se woord aan Israel in Esegiël se dag: Jy het jouself meer verontreinig as Sodom. “So seker as Ek leef, sê die Here my God, jou suster Sodom en haar dogters het nie gedoen wat jy en jou dogters gedoen het nie … jy was erger as hulle met alles wat jy gedoen het … dit laat hulle voorkom asof hulle in vergelyking met jou ‘n goeie lewe gelei het” (Esegiël 16:48,47,52).

Die Here beskryf dan die sonde van Sodom en waarom Hy hulle vernietig het: “Dit was die ongeregtigheid van jou suster Sodom, hoogmoed, oorvloed en selftevredenheid … en vir die mens in nood en die arme het sy niks oorgehad nie. Hulle was hooghartige en het voor My oë afskuwelike dinge gedoen. Daarom het Ek hulle laat verdwyn, soos jy gesien het” (16:49-50).

Let op wat Sodom se aanvanklike sondes was: hoogmoed en verwaandheid. U het gehoor van “gay pride.” New York het ‘n jaarlikse Gay Pride parade, met meer as 400,000 optoggangers. Optoggangers dra plakkate wat sê, “God is Homoseksueel”, “Christus was ‘n Homoseksueel,” “Homoseksueel en Trots daarop.” Ek het eenkeer gesien hoedat ‘n groep optoggangers uit die optog gehardloop het en ‘n klein groepie aangerand het wat plakkate gedra het wat gesê het, “Jesus is lief vir die Homoseksuele. Hy haat net Sonde.” Daardie sagmoedige groepie het net daarna gesoek om liefde aan te bied, maar hulle was wreed mishandel.

Ten spyte van sulke volkome verwaandheid, verklaar God in Esegiël 16: “Die hoogmoed en verwaandheid van die afvallig kerk is erger as die hoogmoed van homoseksuele. Selfs Sodom het nooit gesondig soos julle nie.” Die feit is, dit is volslae hoogmoed, verskriklike verwaandheid, wat die naam van Christus laster … om God “haar” te noem … om te sê dat die kerk nie ‘n hemelse Vader het nie. (As daar nie ‘n Vader is nie, kan daar ook nie ‘n Seun wees nie, dit is die vernaamste leuen van Islam.)

Wat ‘n vreeslike diepte van hoogmoed neem dit nie om die godheid weg te neem van die Een wat gesterf het om ons te red! En tog, dieselfde vreeslike hoogmoed is besig om in sommige evangeliese organisasies uit te breek, en draai die kerk teen die waarheid van hulle vaders. Dit is ‘n vloedgolf van totale afvalligheid.

God haat meeste van alles die louwarm evangelie van halwe-waarhede wat nou besig is om oor die aardbol te versprei. Die evangelie sê, “Glo net in Jesus en jy sal gered word. Daar is niks daaraan nie.” Dit ignoreer die hele plan van God, wat van berou oor vorige sondes praat, om jou kruis op te neem, om aan die beeld van Christus gelykvormig te word deur die suiweringswerk van die Heilige Gees. Dit sê niks oor die realiteit van die hel en die oordeel na die dood nie.

Jesaja waarsku ons oor die sagte, nie-aanvallende evangelie, waarop mense vandag aandring. Sy profesie word direk op die huidige tyd toegepas, omdat God hom aangesê het om dit te skryf vir “die tye om te kom” (Jesaja 30:8):

“Dit is ‘n weerbarstige volk … kinders wat weier om te luister na wat die Here wil: hulle sê vir die sieners, Moenie gesigte sien nie, en vir die profete, Moenie gesigte sien oor wat ons moet doen nie, vlei ons liewer, profetteer misleiding: gee pad voor ons, moenie voor ons kom staan nie; laat die Heilige van Israel uit ons teenwoordigheid verdwyn!” (30:9-11).

Volgens Jesaja, was daar geen prediking van heiligheid of berou nie. Waarom nie? Die volk wou nie reggehelp wees of geoordeel word nie. Hulle het geweier om enigiets te hoor behalwe ‘n sagte evangelie. Tog is ‘n afgewaterde evangelie, geen evangelie nie.

Esegiël beskryf so ‘n evangelie as volg: “Hulle maak nie onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie, en hulle ken nie die onderskeid tussen rein en onrein nie. Vir my sabat gee hulle niks om nie. So word Ek tussen hulle oneer aangedoen” (Esegiël 22:26). Hy noem die verwaterde evangelie bloot “afgewit”, of “ modderpleister”.(22:28). Met ander woorde: “Julle bou mure met modderpleister . Dit lyk dalk nou vernaam en sterk, maar daar kom stortreëns, Ek laat haelstene val, stormwinde sal losbreek,en die mure gaan val.” “’n Stormwind sal losbreek” (13:11).

Esegiël skets dan die lys van ontsagwekkende oordele, waardeur God vir sy volk sal sê: “Ek gaan julle naaktheid openbaar: Streng oordeel is oppad, en as dit kom, sal julle godslasterlike evangelie openbaar word as leeg en hopeloos.”

Jesaja profeteer dat in daardie dae, “Die hoogmoediges tot ‘n val sal kom, die selfversekerdes sal verneder word. Op die dag sal net die Here hoog wees. … Die hoogmoediges sal verneder word, die selfversekerdes sal tot ‘n val kom. Op die dag sal net die Here hoog wees” (Jesaja 2:11,15,17).

Ek glo, dat ons op hierdie oomblik Armageddon in die gesig staar. Orals sien ons nasies beef en die harte van mense sidder met vrees. Ek sê, dit is nie nou die tyd vir ‘n afgewaterde evangelie nie. So ‘n evangelie is absoluut verraderlik, want dit sal ineenstort sodra die winde van oordeel waai. God waarsku dat Hy die sal oordeel wat so ‘n lewelose evangelie verkondig:

“Julle het met julle leuens mense wat my wil wou doen, laat moed verloor; Ek het hulle nie smart aangedoen nie. Julle het goddelose mense aangemoedig om hulle nie van hulle verkeerde lewe te bekeer en so hulle lewens te behou nie. Daarom sal julle nie meer verleidelikheid sien nie en sal julle nie met julle waarsêery aangaan nie. Ek sal my volk red uit julle mag. Dan sal julle besef dat Ek die Here is” (Esegiël 13:22-23).

“Ek gaan jou straf soos vrouens gestraf moet word wat owerspel en moord gepleeg het: Ek laat jou die moorde voel, die gramskap, die woede … Jy het die tyd van jou jeug vergeet, en My woedend gemaak; en Ek het wat jy gedoen het, op jou kop laat afkom, sê die Here God” (16:38, 43, my kursiewe letters).

Wanneer die oordeel kom, wat sal met diegene gebeur wat hulle sekerheid in ‘n afgewaterde evangelie geplaas het? Hulle sal in alle rigting rondkyk vir ‘n egte woord van God, maar dit sal nie moontlik wees om dit te vind nie. Hulle afvallige predikers sal sê, “Moenie opgewerk raak nie. Die wêreld het voorheen al sulke moeilikhede gesien. Ons het wêreld oorloë gesien. Al hierdie dinge gaan voort soos van die begin af. Dit sal weer oorwaai.”

Nee, hoegenaamd nie! Daar was nog nooit ‘n dag soos hierdie nie. Daar is nou kern wapens in die hande van mal mense, dodelik missiele wat duisende myle kan trek, vuil bomme en kiem oorloë wat dreig om ‘n groot aantal van die mensdom uit te wis.

Net soos Sodom en Gomorra God se waarskuwings gewilliglik geïgnoreer het en geoordeel is, so sal Hy die generasie van die laaste dae oordeel. Baie van Sy oordele is verlossend, en die wat op Sodom geval het was voorbeelde vir elke generasie: “Soos Sodom en Gomorra … as waarskuwing vir almal” (Judas 7).

Hierdie hoofstuk is een van die duidelikste voorbeelde van God se genade en barmhartigheid in die Skrif. Die Here sê terwyl oordeel met vuur en woede oral val, “Ek maak ‘n end aan jou hoerery” (Esegiël 16:41). Weereens gaan die mensdom die brandende vuuroond binne. En weer sal God ‘n bonatuurlike wonder doen in mense se harte, menigtes sal van hulle afgode en valse gode wegdraai.

Volgens Openbaring, sal twee dinge gebeur terwyl die vreeslike fiole van toorn uitgegiet word. Eerstens, sal baie mense met harde harte weier om hulle te bekeer: “Die mense is deur ‘n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het: En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie… en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle moet verduur, en oor die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke nie … En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael … omdat die plaag verskriklik groot was” Openbaring 16:9,11,21).

Tog sê die Woord, in die middel van hierdie verskriklike tye, sal andere na die Here draai en hulle bekeer. Teruggevallenes en die louwarmes, diegene wat ‘n smakie van God se Woord geken het, die Here sal hulle oortuig en verlok. Dan sal Esegiël se profesie gebeur: “Ek sal jou van jou hoogmoedige afvalligheid wegdraai.”

“Hulle sal jou huise afbrand. So sal hulle jou vonnis voltrek ten aanskoue van al die vrouens: Ek maak ‘n end aan jou hoerery” (Esegiël 16:41, my kursiewe letters). Die oordeel van daardie tyd sal so verpletterend wees op die aarde, die totale mensdom sal weet dit is ‘n “nou of nooit” tyd. Op daardie oomblik, sal God elke afvallige skud en roer wat Hom geken het en aan hulle die afvalligheid van hulle harte wys. Baie afvallige pastore sal teruggedryf word na die Kruis, en hulle van hulle luiheid om bekering en regverdigheid te preek, bekeer. Dit sal ‘n bonatuurlike werk wees, ‘n openbaarmaking van God se genade wat aan die hele wêreld bekend sal word.

Intussen, sal Allah misluk om sy aanbidders te bevry van die viole van oordeel. Massas Hindoe aanbidders sal verpletter word soos hulle deur hulle miljoene godhede in die steek gelaat word. Inderdaad, die hele wêreld sal sê, “Hierdie oordele is bonatuurlik,” en menigtes sal uitroep na Christus. (Ons het dit alreeds gesien gebeur, na die verwoestende tsunami in die Verre Ooste.)

“Ek sal my verbond met jou in stand hou, en jy sal besef dat Ek die Here is. Jy sal daaraan dink en jou skaam. Jy sal van skaamte nie weer jou mond oopmaak nie, want Ek gaan My met jou versoen ten spyte van alles wat jy gedoen het, sê die Here my God” (Esegiël 16:62-63).

God sê vir ons, in kort: “Ten spyte van al jou afvalligheid, al jou verwerping van My, al jou terugvallery – in die uur van nood wat op die aarde sal kom, sal Ek die verbond onthou wat Ek met jou in jou jeug gemaak het.” Met ander woorde, dit sal gebeur as gevolg van Sy bonatuurlike genade.

Geliefdes, dit is die Nuwe Verbond, wat by die Kruis gemaak is. Dink daaroor na: Jesus het na ‘n wêreld gekom wat in totale afvalligheid geleef het, dood in rituele, gebind deur korrupsie. Hy het nie gekom in antwoord op die mense se gebede nie, omdat so min Hom gesoek het. Die wêreld van daardie tyd het afgode en valse gode aanbid, net soos die mensdom vandag doen. Israel was afvallig. Christus se koms was ‘n suiwer daad van genade, onverdiend deur enigeen.

Ek glo ‘n groot oes van siele moet nog uit die moderne Sodom ingewin word. Regdeur die wêreld, sal kerke geseën word en hulle sal verstom staan oor die oorgeblewe honger gelowiges wat sal voortkom uit elke nasie. Hulle sal die stem van die Here herken, en sê, “Ek bring jou terug na jou begin met My.” En hulle harte sal wakker word, en hulle sal reageer, “Here, bring my terug na my eerste liefde vir U.

“Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word nie” (2 Tessalonisense 2:2).

“Met jou ontrou het jy nie onthou van jou jeug toe jy kaal en sonder klere in jou bloed gelê en spartel het nie” (Esegiël 16:22).

“Hulle maak nie onderskeid tussen rein en onrein nie” (Esegiël 22:26).