DIE GOD WAT GEBEDE VERHOOR

Jim Cymbala

Moenie bang wees om God vir groot dinge te vra nie! Enigiets minder as dit bring oneer aan die Een wat vir ons soveel wonderlike beloftes gegee het. Wanneer sy seëninge op ons neerstort, laat ons Hom prys met ons hele hart. Maar op daardie geleenthede wanneer Hy fluister, “Gaan! Staan op en doen wat Ek vir jou gewys het om te doen,” laat ons onthou dat baie van die heerlikste antwoorde op gebed insluit om saam met God te werk om sy doelwiite te bereik.

Verbeel jou jy word wakker in die middel van die nag van die geluid van ‘n indringer wat wil inbreek. Jy lê gevries van vrees, en jy onthou stadig dat die foon reg langs jou bed is en dat jy “911” kan skakel as jy wil. Maar om hulp te kry, moet jy die foon optel.

Ons het dieselfde soort “911” toegang tot God, maar ons direkte lyn na die troon van genade sal niks help as ons dit nie gebruik nie. Dwarsdeur die Bybel sien ons hoeveel oorwinnings was gewen en negatiewe omstandighede oorkom as ‘n man of vrou die regte gebed bid op ‘n kritieke oomblik. Ons kan kies uit honderde gebede, maar die psalmis Dawid, bied ‘n klassieke illustrasie:

“Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek. In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag” (Psalm 5:3-4).

Let op die vurigheid van Dawid se gebed as hy vir God vra, “Gee ag op die stem van my hulpgeroep.” Dit is ‘n saak van desperate gepleit, nie ontspanne gebed nie, want Dawid veg teen vyande. As hy hulle aanvalle wil oorleef, moet hy hulp uit die hemel kry. Hy het geen “Plan B” nie want hy smeek, “my Koning en my God,” die Here, vir wie niks onmoontlik is nie.

Dawid was ‘n man wat baie gebid het en baie ontvang het; sy geloof was nie in die krag van gebed nie, maar in die God wat gebed verhoor. Dit is die geheim dwarsdeur die geskiedenis van almal wat eerstehands kennis gemaak het met God se getrouheid.

Maak gebruik van God se hulp vandag – moenie vergeet om “die foon op te tel nie” en maak die oproep.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernakel begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.