Die Getuienis van die Gees

David Wilkerson

“En dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid” (1 Johannes 5:6).

‘n Aantal jare gelede was ek uitgenooi om ‘n herlewingsbyeenkoms by te woon in ‘n voorstedelike kerk net buite New York Stad. Mense was gaande oor ‘n “suksesvolle veldtog” wat daar deur twee jong manlike evangeliste gehou is. Uiteindelik het ek na een van hulle dienste gegaan, en hulle het my voor laat sit saam met die bedieningspan. Min het ek geweet dat ek op die punt was om ‘n verskriklike belewenis te verduur!

Mense het hierdie paar ‘n “kragtige evangelistiese span” genoem. Een het gepreek en die ander het gesing en die orrel gespeel. Maar toe die diens begin het en ek hierdie twee jong mans dopgehou het, het iets diep binne-in my, my begin pla. Ek het ‘n vreemde ongemaklikheid beleef.

Voor die jong prediker sy boodskap begin het, het hy die gehoor opgesweep. Hy het ‘n pragtige stel geskenkpakkies gehad wat hy elke aan uitgedeel het aan die persoon wat die meeste besoekers gebring het. Daar was broodroosters, radio’s, mengers – selfs ‘n fiets vir die laaste aand!

Sy prediking was niks anders nie as een opwindende storie na ‘n ander. Die skare was dol daaroor – maar ek het naar geword! Die ongemak binne-in my het hard en duidelik gespreek: “Dit is nie van God af nie – dit is alles vlees! Daar is iets goddeloos hier aan die gang. Die Heilige Gees is nie hier nie. Daardie twee evangeliste is homoseksueel – en hulle het almal bedrieg!”

Daardie aand was ek siek, onbeskryflik bedroef – maar dit was slegs omdat die getuienis van die Gees in my gewerk het! Die pastoor was so opgewonde oor die groot skares, dat hy alle onderskeiding laat vaar het! En die mense was mal oor die vleesvertoning, omdat hulle hulleself geestelik verblind het – hulle het bloot die pastoor gevolg!

‘n Paar jaar later, het ek daardie twee evangeliste by ‘n lughawe gesien. Hierdie keer het die Gees se getuienis my beveel om hulle te konfronteer. Ons het mekaar gegroet, en toe – met geen kwaadwilligheid in my stem nie – het ek gesê, “Ek weet wat julle twee jongmanne is – julle is homoseksuele. Asseblief, hou op om die Here uit te tart! Gaan en kry ‘n ander werk. God sal nie dat julle wegkom met hierdie charade nie. Ek wil nie gedwing word om julle te ontbloot nie!”

My waarskuwing het nie gelyk of dit een van hulle gepla het nie. ‘n Paar jaar later was ek in die noorde van Kanada vir ‘n veldtog. Laat een aand na ‘n diens was ek honger en daarom het my gasheer met my gery na ‘n afgeleë restaurant ‘n half-uur ver weg. Toe ons ingeloop het, wie het ons sien sit by ‘n tafel daar naby, besig om twee baie verwyfde manne te vermaak? Dit was die twee jong evangeliste! Hoe geskok was hulle toe ek by hulle tafel verbygeloop het. Hulle het geweet hulle is uitgevang!

Nie lank daarna nie, was hulle ontbloot en het die bediening verlaat. Die Heilige Gees het bevestig wat Hy jare tevore vir my gewys het! Wat my egter die bangste gemaak het, was dat al die pastore van groot kerke wat hierdie jongmanne uitgenooi het, nooit onderskei het wat hulle was nie. Niemand die getuienis van die Gees gehad om dit alles te openbaar nie!

Op ‘n ander geleentheid, was ek uitgenooi om te gaan luister na ‘n sogenaamde “kragtige evangelis” wat sy sesde week van byeenkomste by ‘n groot Pinksterkerk in ‘n Suidelike stad gehou het. Hierdie keer het my vrou, Gwen, en ek onopgemerk by die balkon uitgeglip – en wat ‘n vertoning het ons gesien!

Die evangelis het uitgekom, geklee soos iemand wat by ‘n nagklub optree, met ‘n rooi geplooide baadjie met blinkertjies op. Die skare het handegeklap toe hy aangekondig is. Ek was geskok oor dit alles – en het dadelik na Gwen gedraai en gesê, “Liefling, dit is die grootste bedrieër wat nog ooit op die kansel gestaan het!”

Vir die eerste vyf minute het hy bloot op die verhoog geloop en pronk, grappe gemaak en die skare gevlei. Toe het hy afgestap na die gehoor en ‘n paar vroue gesoen, terwyl hy hulle mans gesmeek het om nie jaloers te wees nie. Ek het gedink, “Hy is ‘n toneelspeler. Hy ken God glad nie!”

Sy prediking het ook bestaan uit een ongelooflike storie na die ander – en die skare was verstom! Hy het gesê, “Ek het in die haarkapperswinkel gesit toe die Vise President inkom en op die stoel langs myne kom sit het. Hy het na my gedraai en tot my verbasing, het hy my naam geken. Hy het gesê, “Broer Billy Bob, die President en ek het alles oor jou groot byeenkomste gehoor. Kom loer in wanneer jy in die hoofstad is.”

Ek het na Gwen gedraai en gesê, “Liefling, hy lieg! Hy vertel baie groot leuens!” Maar almal het handegeklap en mal gegaan! Die gryshaar pastoor het alles vir soetkoek opgeëet. En die groot skare het al die verregaande leuens verslind!

Gwen en ek het die plek verlaat – en die hele pad na die kar het ek my maag vasgehou. Dit was nie ‘n fisieke pyn nie, maar liewer ‘n diep, innerlike kreuning, ‘n onverklaarbare seer. Dit was weer die getuienis van die Gees – wat vir my die verskil tussen die heilige en die goddelose gewys het!

God het daardie pastoor gegee wat hy begeer het: ‘n stampvol kerk en groot skares. Maar dit het hom die getuienis van die Gees gekos! Hy was verblind – hy het alle onderskeiding verloor! Elke Gees-vervulde persoon wat ‘n heilige lewe leef in daardie kerk het die bedrog in die eerste vyf minute herken – en uitgeloop! Hulle het die innerlike getuienis van die Gees gehad – en hulle kon dit nie verdra om in daardie man se teenwoordigheid te wees nie!

Soms sal die Heilige Gees jou nie sal laat stilsit nie!

Daar is tye wanneer die Heilige Gees se innerlike getuienis my nie sal toelaat om stil te bly nie. Die Gees staan in my op en ek moet praat en hardop die vlees en die duiwel blootlê!

Op een geleentheid, het ‘n “Christen” rock groep my gesmeek om hulle opelug konsert by te woon. Ek het gegaan, en die meeste van wat ek gehoor het was skaars reg, dit was alles net harde dromme en onverstaanbare musiek. Toe, teen die einde van die konsert, het die rookmasjiene aangegaan en ligte het begin flikker – en die skare het waansinnig geword!

Terwyl ek opgekyk het, het ek hordes demone van die verhoog af sien vlieg bokant die hele gemeente. Op daardie stadium, het ek agteroor geval op die grond, letterlike getref deur die Heilige Gees. Die getuienis binne-in my het gesê, “Dit is Íkabod! Die heerlikheid van die Here het weggegaan!”

Skielik het die Heilige Gees my stem oorgeneem. Ek het opgestaan en deur die hele plek gehardloop, terwyl ek stoele omgestamp het en uitgeroep het, “Íkabod! Stop dit – dit is die duiwel!” Maar niemand het geluister nie!

Toe ek by die huis kom, het ek op die woonkamer se vloer neergeval, opgekrul, gekreun en geween. Ek kon nie asem kry nie. Toe Gwen my sien, was sy histeries. “David, wat is verkeerd? Waar het jy pyn? Praat met my!”

Ek kon nie eens praat nie. Nog nooit het ek soveel droefheid gevoel nie. Uiteindelik het ek dit uitgeblaker, “Liefling, dit is die droefheid van God! Daar is ‘n blindheid in daardie bediening. Hulle verstaan nie dit was alles satanies nie! Almal het hande geklap, maar hulle behoort te gehuil het!”

Ek sal nooit daardie nag vergeet nie. Tot in die vroeë oggendure het ek geween, “O God, al daardie predikers, personeellede, ouers, tieners – en niemand kon dit raaksien nie! Niemand het geweet dit was vlees nie, dat Satan gemanifesteer het! O Here, is ek die mal een? Waarom was ek so aangeraak? Waarom het ek deur daardie skare gehardloop soos ‘n dwaas?”

Dit was die Heilige Gees binne-in my – wat vir die waarheid getuig het! “Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees” (Johannes 14:17).

Die Heilige Gees woon in ons om aan ons te openbaar wat waar en wat vals is. Hy praat met ‘n rustige, sagte stem, diep in die hart. Baie van ons heilige voorvaders het in hierdie werking van die Gees in gelowiges geglo. Hulle het baie gepreek oor “die getuienis te hê.” Maar ek hoor nie meer dat hierdie waarheid verkondig word nie. Die getuienis van die Gees is in werklikheid onbekend in die meeste kerke vandag!

Gelowiges het in der waarheid die Gees se getuienis nodig meer as ooit tevore. En ons gaan dit meer en meer nodig hê soos die dag van die Here nader kom! Satan het ewe parmantig soos ‘n engel van die lig gekom om, as dit moontlik was, die uitverkorenes van God te mislei. Sy bose misleidings gaan floreer: vals leerstellings, vals leraars, vals evangelies. Selfs nou, word menigtes weggevoer en gevang deur goddelose vals profete en besoedelde leraars!

Maar jy kan die Heilige Gees se getuienis in jou hê – om jou te help om te weet of wat jy hoor reg of verkeerd, waarheid of vals is! Met sy getuienis aan die werk in jou hart, kan jy luister na enige bandopname van lering of na enige byeenkoms gaan, enige boek lees en bo alle twyfel weet wat is rein en wat is onheilig. Jy kan wandel in die versekering dat jy nie mislei sal word deur enige goddeloosheid nie!

Jy sien, die Gees se innerlike getuienis werk op die “beginsel van vrede.” Die vrede van God is die wonderlikste ding wat jy kan hê. En wanneer jou vrede versteur word, kan jy seker weet die Heilige Gees praat met jou! Wanneer daar ‘n bekommernis in jou gees is – ‘n skudding en ‘n onrus diep binne-in jou – sê God vir jou iets is vals. Jy sal Sy verleentheid voel – Sy droefheid en woede!

Jy mag sê, “Ek het reeds die Heilige Gees wat in my woon. Maar ek wil Sy getuienis in my hart hê. Hoe kan ek dit kry?”

1. Die Heilige Gees kan slegs werk in ‘n nederige, rein werktuig waarin die vrede van God heers!

“En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers” (Kolossense 3:15). Sonde bring onrus na die hart. En enige verborge, onbelyde sonde sal ‘n gelowige van sy kosbare vrede beroof! Sy hart sal verskeur wees deur skuldgevoelens, veroordeling en vrees – en die Gees sal slegs enkele woorde met hom praat. “Bekeer jou! Vlug!”

Ja, die Gees sal met jou praat om jou tereg te wys; Hy sal met jou deel oor sonde, geregtigheid en oordeel. Maar wanneer dit kom om jou leiding te gee – dit is, die sagte, kalm stem wat vir jou sê wat om te doen en waarheen om te gaan – sal Hy nie in ‘n onrein werktuig werk nie!

As jy volhard in jou sonde – as jy dit nie bely of daarmee afreken nie – sal jou hart jou voed met ‘n aanhoudende stroom leuens. Jy sal leringe hoor wat jou gemaklik in jou sonde sal laat. Jy sal dink, “My probleem kan nie so erg wees nie. Ek voel nie veroordeeld nie.” Maar jy sal heeltemal mislei word!

Jesaja praat van ‘n volk wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle die ware raad van God begeer het. Hulle het gesê: “Laat Hy gou maak, laat Hy sy werk verhaas, dat ons dit kan sien! En laat die raad van die Heilige van Israel naby wees en kom, dat ons dit kan ken” (Jesaja 5:19).

Maar hierdie mense het bedrog in hulle harte gehad – en hulle het op die ou end verdraaid geraak in hulle hele raad! Sonde het hulle oordeel verdraai! Met die gevolg, hulle was nie in staat om kwaad te onderskei nie. En die dinge wat heilig en rein was, het hulle onregverdig genoem. Jesaja sê van hulle, “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter” (Jesaja 5:20).

“n Tyd gelede het ‘n bedienaarskennis van my my gewaarsku om nie na ‘n seker Bybelleraar te luister nie. Hy het vir my gesê, “Daardie man verkondig die ergste vals lering! Bly weg van hom af of dit sal jou vernietig. Hy is gevaarlik!”

Hierdie kennis was vol woede teenoor daardie leraar. Maar toe ek die leraar op die bandopname gehoor het, het my hart opgespring in my. Vrede het my by my siel ingestroom! Ek het aangehou luister om die “gevaarlike” deel te hoor – maar die boodskap het slegs daaroor gegaan om in heiligheid te wandel en ‘n rein hart te hê. Toe het ek nog ‘n bandopname gekry, en nog een – en almal was beter as die eerste! Ek het gedink, “Hoe kan enigeen sê dit is gevaarlik of boos?”

Maar daardie beskuldigende prediker het regtig geglo wat hy vir my gesê het. Ek glo ‘n stem het met hom gepraat – maar dit was nie die stem van God nie! Dit was die stem van sy eie vlees wat uitgeroep het, omdat hy veroordeel was deur sy sonde!

Die boodskappe oor heiligheid en reinheid het iets diep binne-in hom aangeraak wat hom kwaad gemaak het. En ‘n innerlike stem het vir hom gesê dat hierdie goeie lering boos was. Hy het heeltemal verkeerd geoordeel! Waarom? Omdat sonde hom verblind het! Hy het op een of ander manier ‘n kompromie gemaak en die gees van die wêreld het by hom ingesluip. Jesus het gesê diegene wat van hierdie wêreld is, kan nie die stem van die Gees hoor nie, “wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie” (Johannes 14:17).

Geliefde, wees baie versigtig om nie beïnvloed te word deur iemand anders se sogenaamde getuienis nie! Wanneer iemand vir my iets kwaad of skandelik oor ‘n ander persoon vertel, wil ek die beskuldigde ontmoet. Dikwels is dit daardie persoon se rein toewyding aan God wat die sondaar se hart uitlok!

2. Daar kan nie ‘n innerlike stem van die Gees in ‘n trotse gelowige wees nie!

‘n Nederige persoon is nie een wat min van homself dink, sy kop laat hang en sê, “Ek is niks” nie. Hy is eerder een wat heeltemal van die Here afhanklik is vir alles, in alle omstandighede. Hy weet die Here moet hom lei, bemagtig en opwek – en dat hy dood is daarsonder! Hy sê, “Ek sal niks doen, todat ek die gedagtes van God ontvang het nie. Ek sal nie optree totdat Hy opdrag gee nie!”

‘n Trotse persoon, aan die ander kant, is een wat God mag liefhê op ‘n manier, maar hy handel en dink op sy eie. By sy wortel, is trots bloot onafhanlikheid van God. En die trotse persoon maak besluite op grond van sy eie rede, vaardigheid en vermoëns. Hy sê, “God het vir my ‘n goeie verstand gegee, en Hy verwag van my om dit te gebruik. Dit is dom om Hom vir leiding te vra in elke besonderheid van die lewe.”

Hierdie persoon is onleerbaar, omdat hy reeds “alles weet.” Hy mag luister na iemand wat hoër in ‘n gesag of beter bekend is as hyself – maar nie na iemand wat hy dink minderwaardig is nie. Ek weet dit is waar; eens het dit my beskryf!

Ek was ‘n baie suksesvolle jong evangelis, bekend oral rondom die wêreld. Ek sou geluister het na een of ander welbekende man van God. Maar ek het selde geluister na ‘n onbekende, ongeleerde persoon! Wanneer een of ander jong prediker in my kantoor ingekom het om my iets te probeer leer, het hy vyf minute van my tyd gekry voor hy vriendelik daaruit vergesel was. Ek het geredeneer, “Ek het al hierdie ervaring. Ek is deur sulke diep waters. Tensy hulle net so ervare is, het hulle niks vir my te sê nie.”

Die afgelope jare het ek gedink dat God ‘n doodskoot gegee het aan hierdie gesindheid in my lank gelede. Toe het iets verskeie weke gelede gebeur wat my laat sien het ek mag dalk steeds iets daarvan hê!

Iemand op ons poslys het vir my ‘n lering-bandopname gestuur van ‘n man van wie ek nog nooit gehoor het nie. Ek het die bandopname huistoe geneem en vir ongeveer vyftien minute geluister, en toe besef hierdie onbekende man het die waarheid gepraat. Die getuiens van die Gees het vir my gesê ek het na ‘n ware heilige, nederige man geluister het.

Toe het die prediker gesê dat hy geen opleiding gehad het nie. Hy het geen boeke bestudeer nie; slegs die Gees het hom geleer. Hy het dit verduidelik in sy Suidelike, monotoniese aksent dat die enigste boek wat hy die laaste vyftien jaar bestudeer het, die Bybel was.

Vir ‘n vlietende oomblik het ek gedink, “Hierdie man kan my niks leer nie. Ek is ‘n ywerige leser – ek het hele volumes gelees oor die Puriteine en oor al die groot sendelinge lewens. Maar dit klink of hy nog nooit ‘n boek gelees het nie!” Daarom het ek die bandopname afgesit.

Toe het die Gees se getuienis duidelik met my gepraat: “Skakel dit weer aan. Hy het baie om jou te leer!”

Nou het ek nog ses van sy bandopnames bestel en sy boek – en ek is baie geseën daardeur! My verblindende trots sou my beroof het van iets wat God bedoel het vir my groei!

Jy kan maklik ‘n trotse persoon uitken deur sy vrug!

Nie een woord wat ‘n trotse mens ontvang, is van God af nie! Dit is onmoontlik vir hom om regverdig te oordeel – onmoontlik om God se gedagtes te spreek – omdat die Heilige Gees nie teenwoordig is in hom om van die waarheid te getuig nie. “Daar is ‘n weg wat vir die mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12).

Jy mag wonder, “Hoe kan ‘n persoon wat gevul is met die Heilige Gees vreemde stemme hoor in plaas van die Heilige Gees?”

Beskou Koning Saul – ‘n uitstekende voorbeeld van trots – ‘n man wat daarop aangedring het om dinge op sy eie manier te doen! Hy kon nie wag vir God om op te tree nie. Toe die profeet Samuel traag was om die offers voor die oorlog te bring, het Saul priester gespeel en sy eie offer gebring. Dit was ‘n daad van pure eie wil, onafhanklikheid, ongeduld met God se weë!

God het Saul ook beveel om al die Amalekiete dood te maak. Maar weer het Saul dinge op sy eie manier gedoen: Toe die oorlog verby was, het hy Koning Agag gespaar. Samuel het Saul hieroor bestraf en gevra, “Waarom het jy nie God gehoorsaam en hom doodgemaak nie?” Saul het geantwoord, “Omdat ek die volk gevrees het.” Weereens menslike wysheid!

Die Bybel sê egter, “Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik. Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u” (1 Samuel 16:14-15).

Saul was beswaard – hy het geen vrede gehad nie! Almal kon dit in hom sien: Hy het ‘n bekommerde kyk gehad, ‘n woedende gees. ‘n Ander gees het begin om met sy innerlike mens te praat – en dit was ‘n getuienis uit die hel!

Saul het voortdurende stemme gehoor wat God nagemaak het. Hulle het vir hom gesê om Dawid dood te maak. Hulle het gesê sy eie seun was ‘n verraaier. Hulle het hom oortuig hy was verraai deur sy eie wagte. “Niemand het jou lief nie. Almal is teen jou!” Saul was vol afguns, haat, angs en vrees!

Kan ‘n Heilige Gees-bemagtigde persoon die gees verloor, oorgegee word aan ‘n bose gees, en tog aanhou preek en profeteer? Ja! Saul was deur die Gees bemagtig:

“En die Gees van God was het oor Saul vaardig geword...” (1 Samuel 11:6). Dan lees ons dat  “Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk...” (1 Samuel 16:14). En laastens, “Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was [geprofeteer het] binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel...” (1 Samuel 18:10).

Saul het steeds geprofeteer – selfs al was daar ‘n bose gees in hom! Jy kan seker wees dat wat uit hierdie man se mond gekom het, nie van God af was nie. Dit kon dalk reg geklink het – maar alles wat hy gespreek het, was ‘n ander evangelie! Selfs al was hierdie man eens deur God uitverkies en gesalf deur die Heilige Gees, het hy reguit uit die vlees gepraat.

Tans is daar duisende Christene wat bandopnames en boeke uitruil – maar baie hiervan is vol gif! Jy sal aanvanklik nie die fout raaksien nie; maar as jy die getuienis van die Gees het, hou net vir ‘n rukkie aan luister, en Hy sal dit openbaar. Die trotse leraar of prediker – onder die leiding van ‘n bose gees – sal uiteindelik iets sê wat jou ongemaklik maak. Hy sal uiteindelik iets sê wat jou ongemaklik maak. Jy kan ‘n hele uur van reg-klinkende evangelie hoor voor jy die vyf minute van groot dwaling hoor. Maar slegs die getuienis van die Gees kan dit aan jou openbaar!

3.Een aand tydens ‘n gebedsbyeenkoms, het God vir my iets gesê oor ons kerk wat ek nie verwag het om te hoor nie.

Die Here het vir my gefluister, “Hierdie kerk het skokbehandeling nodig! Te veel mense het tevrede en selfvoldaan geword. Julle voel veilig en beskerm teen al die winde en golwe van vals leerstellings wat oor die land versprei – maar julle is nie gereed vir wat kom nie!”

Geliefde, hierdie boodskap van die Gees se getuienis te hê wat in jou funksioneer, is nie ‘n versoek nie – dit is ‘n saak van lewe en dood! As jy nie die getuienis van die Heilige Gees in hierdie laaste dae het nie, sal jy dit nie maak nie! Jy sal toegee aan die komende gees van die Antichris!

Hier is ‘n voorbeeld: in President Clinton se gesondheidsplan, word daar voorsiening gemaak vir ‘n nasionale gesondheidsidentifikasiekaard – en, uiteindelik ‘n hoogs ontwikkelde, peutervrye telstelsel. Dit sal waarskynlik ‘n inplantingstoestel wees in die kop, voorarm or êrens op die liggaam. Niemand sal gesondheidsdekking kry sonder ‘n nommer nie.

Ons is ook op pad na ‘n kontantlose samelewing – eers deur kredietkaard, dan later deur ‘n laser implanting onder die vel. Die Europese Gemeenskap het reeds hiervoor beplan. Ons mag op die randjie van die merk van die dier wees! En as jy nie onderskeiding het nie, sal jy ‘n medepligtige word van ‘n moorddadige regeringstelsel wat jou belastinggeld gebruik vir aborsie!

Dit is tragies dat sommige Christene nie hierdie Antichris opset sal herken nie! Dit is waarom jy die Heilige Gees se getuienis nodig het elke dag – by jou werk, by die skool. Jy moet politici en leiers reg beoordeel sodat jy nie skielik ingetrek sal word deur die Antichris stelsel nie.

Word wakker, geliefde! Dit is wat Jesus probeer het om vir ons te sê oor die dwase maagde wie se olie vir hulle lampe opgeraak het. Hulle het ‘n voorsiening van die Heilige Gees gehad – maar hulle het nie Sy getuienis op die laaste oomblik gehad nie. En as jy nie voorsiening maak om ‘n funksionerende Heilige Gees getuienis te hê in hierdie laaste dae nie, sal jou olie opraak op die laaste oomblik!

Moenie op die ou end ‘n dwase maagd wees nie! As jou olie opraak – vertrou jou kerk of jou pastoor om jou siel te bewaar – bekeer jou dan! Verneder jouself en ondersoek jou hart! Roep uit tot God om jou siel te reinig van alle woede en bitterheid. Bely jou sondes en laat staan dit. En vertrou weereens op God vir alles!

Kry die vrede van God in jou hart, sodat jy ‘n Heilige Gees getuienis kan hê. En vra die Vader vir ‘n groot voorsiening van die Gees. Nooi Hom uit om jou getuienis en leidsman in alles te wees! Jy hoef nie bang te wees in hierdie dae nie. Hy wil graag jou getuienis wees!