DIE GENADIGE ARMS VAN CHRISTUS

David Wilkerson

“Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil” (2 Korinthiërs 6:2, my beklemtoning).

Hierdie boodskap is bedoel vir almal wat afvallig geword het of van die Here af weggedwaal het. Volgens die apostel Paulus, wat die vers hierbo geskryf het, “is vandag die dag van barmhartigheid en genade.” Met ander woorde, as jy ooit beplan om te glo, is dit nóú die tyd

Hierdie stelling deur Paulus is beide ‘n uitnodiging en ‘n waarskuwing. Die waarskuwing is as volg: “Moenie God se genade tevergeefs ontvang nie. Moenie God se aanbod van genade ignoreer, verwaarloos of opsy skuif nie. Reageer nóú daarop, terwyl dit jou aangebied word.

Jesus het gewaarsku dat talle gelowiges afvallig en koud sal word: “En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel” (Matthéüs 24:12). Sy boodskap is baie duidelik: Baie mense wat aan die brand was vir die dinge van God sal afvallig word. Hulle sal wedryf na ‘n geestelike koudheid en sommige sal terugkeer na hulle ou vleeslike maniere.

Al die afvalligheid wat ons vandag sien – die wegdraai van geloof na ongeloof – kom op ‘n tyd wat jy dit die minste verwag. ‘n Mens sou eerder verwag dat mense tot God sou nader. Ons is aan die begin van daardie dae van “smarte” waarna Jesus verwys (sien Mattéüs 24:8). Selfs prominente stemme in die wêreld stem saam dat hierdie dae, dae van onbeskryflike boosheid is en gekenmerk word deur onbeheersde gierigheid en steierende seksuele verdraaiings. Menigtes gee hulleself oor aan verslawings van allerhande soorte, van dwelms tot alkohol tot pornografie.

Ek vra jou: Is dit nóú die tyd om die dag van verlossing te verwaarloos? Glad nie! As jy Jesus ooit liefgehad en gevolg het, maar nou koud en ongeërd geword het, praat die Heilige Gees met jou. Hy nooit jou uit om terug te kom na die genadige arms van Christus toe. Met deernis, dring ek by jou aan om te luister na wat die Heilige Gees sê.