DIE GELOOF VAN DAWID

David Wilkerson

Dawid was bekend as ‘n man wat God ten volle vertrou het. Hy het die tema van sy eie lewe beskryf toe hy geskryf het:

“Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang” (Psalm 28:7).

Hierdie woorde was nie net vir Dawid nie. In die Skrif is gebeurtenis op gebeurtenis in Dawid se lewe opgeteken waarin hy groot geloof in onmoontlike situasies getoon het.

GROOT HELDEDADE

Dawid het magtige dade deur geloof in God gedoen:

  • Hy het ‘n leeu en ‘n beer met sy kaal hande doodgemaak
  • Hy het die Filistynse reus Góliat verslaan
  • Hy het ontspan van Saul se pogings om hom te vermoor
  •  En deur geloof het hy groot oorwinnings oor al sy vyande behaal.

Later was Dawid deur geloof en berou, herstel tot die troon nadat sy seun Absalom hom probeer doodmaak het.

Deur al hierdie dinge heen, het Dawid in die Here geroem:  

“o, Here, hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!” (Psalm 31:20).

Dit is geen wonder nie dat die Skrif Dawid ‘n man na God se hart noem!

Ons weet egter uit die Skrif dat hierdie geseënde man erg versoek is en hy het dae, weke en maande in hartroerende pyn oor sy ander beproewings deurgebring. Dawid het ook ernstige aanvalle van depressie beleef; trouens, hy skryf van sy intense eensaamheid en dat hy baie nagte homself aan die slaap gehuil het. Met tye in sy lewe was hy so geteister en verdruk dat hy gesmeek het om te sterf.

Deur al daardie jare van heftige verdrukkinge, het Dawid egter nooit sy geloof verloor nie. Min mense in die Skrif was so erg getoets en beproef soos Dawid. Maar hy het deur alles  gekom met ‘n steeds toenemende geloof.