DIE GEHEIM VAN EENHEID

David Wilkerson (1931-2011)

In Johannes 13, het Jesus ‘n handdoek en ‘n bak geneem en die voete van Sy dissipels gewas.

“As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is hulle ook verplig om mekaar se voete te was” (Johannes 13:14). Nadat Jesus die dissipels se voete gewas het, het Hy Sy kleed weer aangetrek, gaan sit en vir hulle gevra, “Weet jy wat ek pas vir julle gedoen het?” Met ander woorde, “Verstaan julle die geestelike betekenis van voete was?”

Ek glo toe Jesus die voete van die dissipels gewas het, het Hy vir hulle ‘n deurslaggewende les geleer oor hoe om eenheid van gemeenskap binne die Liggaam van Christus te verkry.

Toe Jesus Petrus genader het om sy voete te was, het die dissipel met verbasing teruggetrek. “Here, U gaan nie my voete was nie!”

Jesus het hom geantwoord, “As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie” (Johannes 13:8). Jesus het in wese gesê, “Petrus, as Ek jou voete was, het ons ‘n kosbare grondslag vir gemeenskap, ‘n basis vir ware eenheid.” Hy wil hê sy kinders moet mekaar bedien en aan mekaar onderdanig wees in die huis van God.

Wat het Jesus vir jou gedoen toe Hy jou gereinig het? Hy het al jou skuld afgewas en jy was skoongemaak en heelgemaak. Hy het jou met soveel liefde vir Hom gevul dat jy Hom na enige plek toe sou volg en enigiets vir Hom sou doen. Al wat jy wou hê, was gemeenskap met Hom, oor dit wat Hy vir jou gedoen het.

Geliefde, dit is die geheim van eenheid. Wanneer jy die handdoek van barmhartigheid opneem vir ‘n hartseer, gevalle broer, dan bemoedig jy hom deur hom in sy hartseer te omhels – deur met goddelike vrees onderdanig te wees, deur sy gevoelens van waardeloosheid, angs en wanhopigheid weg te was en deur hom lief te hê en vir hom te sorg.

Wat het jy aan daardie persoon gedoen deur sy se voete te was, of dit nou in ‘n geestelike of fisieke sin is? Jy het ‘n vaste fondament gebou vir ware eenheid en heerlike gemeenskap. Julle is een deur julle gemeenskaplike belewenis – dit is, deur gewas te word deur die water van die Woord!