DIE GEESTELKE ROTS

Gary Wilkerson

“En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots of Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel” (Exodus 17:5-6).

Die besonderhede van hierdie toneel – en van God se deernis vir die mense – word herhaal met Jesus se offer. Christus is die rots wat geslaan was vir ons oortredinge toe ons verlore en verdwaal was. En Hy is die lewende water wat ons onderhou. Paulus sê vir ons:

“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was...en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus” (1 Korinthiërs 10:1,4).

AAN BITTERHEID VASHOU

Die toneel in die wildernis demonstreer wat Jesus vir klaende mense doen: Hy neem hulle straf op Hom en verklaar, “Ék sal namens hulle veroordeeld staan; Ék sal gegesel word; Ék sal hulle sondes op my rug neem; Ék sal vasgespyker word aan die kruis in hulle plek – dit alles sodat hulle oorvloedige lewe mag ontvang.”

Sommige Christene verbeur hierdie wonderlike gawe deur aan bitterheid vas te hou. Paulus sê, “Maar God het in die meeste van hulle geen wegevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie” (1 Korinthiërs 10:5-6).

GOD SE LIEFLIKE GENADE

Ons lewens kan wegkwyn deur bitterheid, of ons kan verkwik word deur die lieflike genade wat God aan ons bied – dit is ons keuse. Maar Sy belofte bly in elk geval vir ons beskikbaar – en Hy gee vir ons nuwigheid van lewe.