DIE EEN OM NA TE GAAN

David Wilkerson

Dawid het dikwels oor gebrokenheid in sy Psalms geskryf. Hy het geskryf van God se nabyheid aan hulle wat gebroke is: “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm 51:1). “Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Psalm 34:19).

Watter ontsaglike beloftes het ons Here nie gegee aan hulle wat gebroke van gees is nie. Hy belowe om naby almal te wees wat gebroke is en om hulle harte te laat oplewe.

Daar is ‘n fisiese gebrokenheid wat die gevolg is van menslike wanhoop. Ek praat van rousmart, emosionele pyn en angs wat kom van fisiese verdrukkinge. Die gebrokenheid waarvan hier gepraat word, is egter iets anders as menslike wanhoop. Hulle praat van geestelike gebrokenheid.

Die beste beeld van geestelike gebrokenheid vind ons in Lukas 19. In hierdie gedeelte ry Jesus op ‘n donkie in Jerusalem in:

“En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek” (Lukas 19:41-42).

Was die bron van Jesus se smart? Ons het geleer Christus “het na sy eie gekom en hulle het Hom nie aangeneem nie” (sien Johannes 1:11). Jesus het geween, “As julle tog maar net die dinge wat Ek vir julle gesê het, aanvaar het! Dan sou dit vir julle my vrede, seën, hoop en betekenis in julle lewens gebring het.”

Hier is die verskil tussen ons, wat ons toevlug in Christus gevind het, en die menigtes wat verlore is: Hulle het hulle redding verwerp. Maar elke gelowige weet dat ons Een het na wie ons kan gaan. Ons het ‘n bron om na te gaan vir krag en troos, omdat ons glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is.