DIE DUIWEL SE AANHITSING

David Wilkerson (1931-2011)

Jy is waarskynlik bekend met die storie van Job in die Ou Testament. Indien wel, onthou jy dat Satan hierdie goddelike man van God nie kon skade doen sonder om eers uit die hemel toestemming te kry nie. Die Here het vir die duiwel gesê hy kon Job se liggaam aantas, hy kon hom verbysterende beproewings laat deurgaan, maar hy kon hom nie doodmaak nie.

Maar besef jy dat Satan ook gevra het om Petrus se getrouheid te toets? Satan het geweet Jesus se koninkryk was op die punt om te kom, so toe hy eers Judas beset het, was hy vasbeslote om agter nog ‘n dissipel aan te gaan. Ek glo hy het sy teenwoordigheid laat voel by die Nagmaaltafel, want “daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees” (Lukas 22:24). Die dissipels het pas ‘n intieme tyd van gemeenskap gehad met hulle Here, wat vir hulle gesê het Hy was op die punt om te sterf, maar blykbaar het hulle niks verstaan van wat Hy gesê het nie. In plaas daarvan, het hulle begin twis oor wie in beheer sou wees as Hy nie meer daar was nie.

Satan was oorstelp toe hy die dissipels een vir een beoordeel en gewonder het, “Wie sal volgende wees ná Judas? Nataniël? Johannes? Aha, daar sit Petrus! Jesus het hom ‘n rots genoem; trouens, Christus sê Hy sal sy kerk bou op Petrus se stelling dat Hy die Messias is. Ja, Petrus is die een.”

Satan het gevra om Petrus ‘n teiken te maak, “Jesus, U maak daarop aanspraak dat U u kerk op hierdie man se getuienis gaan bou. Wel, as U so seker is dat Petrus ‘n rots is, laat my toe om hom vir ‘n rukkie te sif. Ek sê vir U, Petrus sal uitmekaarval, net soos Judas.”

Sifting is duidelik ‘n reinigende proses, waar die kwaad en nutteloosheid van die goeie en vrugbare geskei word. Ek glo dat Satan gedink het Petrus se geloof sou misluk tydens die geskud. Maar Jesus het Petrus belowe” (Lukas 22:32). Jesus het hom verseker, “Selfs al sal jy ‘n paar ernstige mislukkings beleef, Ek sê vir jou dat jou geloof op die ou end nie sal faal nie.”

Geliefde, moenie bang wees vir die beproewing waardeur jy gaan nie. Jesus ken die uitkoms en Hy sê vir jou, “Hou vas. Ek het ‘n ewige doel agter jou sifting. Dit dra alles by tot my heerlikheid.”