DIE DUIWEL BY ONS HARTE SE DEUR STOP

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die groot tragedies in die Kerk in hierdie geslag, en een van God se grootste smarte, is dat so baie Christene nie werklik gelukkig is nie. Hulle hou ‘n goeie front voor – sing, klap, glimlag en sing lofsange. Maar net onder die oppervlak is daar eensaamheid en diepe ellende.

Hierdie Christene is warm, dan skielik koud. Hulle kan nie vrees en depressie hanteer nie en dit loop oor hulle soos ‘n stoomroller. Een week is hulle hoog, die volgende week laag. Baie kere volg hulle huwelike ook dieselfde patroon. Een dag gaan alles goed tussen man en vrou en die volgende dag voel hulle ellendig. Party dae kan hulle nie eens met mekaar praat nie. Hulle verduidelik, “Wel, dit is presies wat ‘n huwelik veronderstel is om te wees. Jy kan nie verwag om heeltyd gelukkig en liefdevol te wees nie.”

Gelowiges wat vasgevang is in hierdie op-en-af siklus behoort na die woorde van Paulus aan Timótheüs te luister. Hy het die jongman aangemoedig om ander te help om tot hulle sinne te kom en “vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.” Dit beskryf baie gelowiges perfek: Omdat hulle hom toegang gee, beweeg Satan in en uit hulle lewens net soos hy wil. Hulle oefen geen gesag uit om die duiwel te stop by die deur van hulle harte en met sy houvas op hulle te pronk nie. “Jy het geen krag van Christus in jou om my te keer nie,” sê Satan. “Jy is my gevangene en sal doen soos ek sê.”

Hierdie gebrek aan oorwinning in Christus is ontstellend! Jesus het nie gesterf sodat jy kan voortgaan om onder die mag van Satan te lewe nadat jy jou hart aan Hom gegee het nie. Wees versigtig om nie vasgevang te raak in hierdie strik nie. In plaas daarvan, rig jou hart daarop om standvastig met God te lewe en sy beloftes op te eis. Besluit om Hom met al jou krag te soek en Hy sal jou hart met ware, blywende blydskap te vul.