DIE DRUK VAN VREES BELEEF

Jim Cymbala

Brooklyn Middestad is nie die enigste plek wat weerstandig is teen die evangelie nie. As Christene, kan ons vyandigheid kry oral waar ons gaan. Daardie teenstand kan veroorsaak dat ons vreesagtig en bang word. Ons is bang dat as ons vir Christus staan, sal ons dalk nie inpas by ons familie, vriende of medewerkers nie. Dit is waarom die Skrif ons waarsku oor die belangrikheid van openbare belydenis van ons geloof in Christus.

“Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kon in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele” (Lukas 9:26). Wat ‘n ontnugterende gedagte dat Jesus dalk skaam mag wees vir sommige van ons wanneer Hy terugkeer na die aarde toe.

Hierdie noodsaaklikheid vir vrymoedigheid geld selfs vir kinders wat grootword in ‘n Christelike huis. Hulle kan oor geestelike dinge praat sonder om veel weerstand te beleef. Maar dinge verander wanneer hulle hoërskool toe gaan en later kollege toe gaan. Skielik kom hulle agter dat as hulle oor God die Skepper praat, of nog erger, Jesus wat vir die sondes van die wêreld gesterf het, word hulle gebrandmerk. Professors noem hulle onkundig; studente brandmerk hulle as onverdraagsaam, so sommige bly stil en vrees die verwerping van hulle eweknieë.

Wanneer Christen studente die skool verlaat en die arbeidsmag betree, ondervind hulle soortgelyke vyandigheid. Nou kom hulle agter dat om Jesus te noem by die werk, kan veroorsaak dat hulle loopbaangeleenthede misloop en sommige word geleidelik geheime Christene.

Ons lewe in ‘n vyandige geestelike omgewing, en ons hoef nie jonk te wees om die druk te beleef om toe te gee aan vrees of bangerigheid. Dit is waar vir bedienaars sowel as vir gemeenteleded in die kerkbanke. Dit is waarom hierdie belofte uit die Bybel vir ons so belangrik is: “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timótheüs 1:7). Deur die Heilige Gees, het God ons belowe om vir ons vrymoedigheid, en selfs dapperheid te gee om stroom-op te swem en om vir Christus te spreek al word ons bespot.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.