DIE DRANG OM REG TE DOEN

David Wilkerson

Die boek Titus sê vir ons dat genade aan ons gegee word as krag oor sonde, om ons in staat  te stel om ingetoë, heilige lewens te leef. “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn, en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë, regverdig en vroom in die teenswoordige wêreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid van verwag van die grote God en ons Verlosser Jesus Christus” (Titus 2:11-13).

Daar is ‘n wonderlike maat van hierdie genade in God se volk sedert Pinkster. Die Heilige Gees het oortuiging van sonde oor alle nasies gestuur en leer gelowiges van elke ras en taal hoe om goddeloosheid en wêreldse begeertes te verloën. Die gevolg is ‘n volk wat ingetoë en regverdig in hierdie teenswoordige wêreld leef en wat verlang na die koms van Jesus.

Die Bybel sê in Sagaria 12:10 dat in die heel laaste uur, die Heilige Gees magtig sal neerdaal op God se volk met ‘n gees van genade, wat hulle heeltemal sal laat afwyk van alle wêreldsheid en binne-in hulle ‘n oproep vir reinheid van hart sal veroorsaak!

En ons gaan ‘n sonde-oortuigende, sonde-ontblotende bekeringsverkondiging beleef bo enigiets in die geskiedenis. Alle ongeregtigheid, goddeloosheid en dwaasheid sal geopenbaar word en diegene in God se huis sal verplig voel om reg te doen!

Ek het ‘n foonoproep ontvang van ‘n dierbare broer in die Here, die hoof van ‘n bediening. Hy en ander leiers van hierdie bediening het vergader om die Here te soek en gou het die Heilige Gees homoseksuele en leuengeeste in hulle midde geopenbaar. Verskeie spanlede was ontslaan en die broer het vir my gesê, “Nou dat die Heilige Gees neergedaal het, is daar ‘n drang om reg te doen.”

Sy frase het my getref en ek kon dit nie afskud nie: ‘n drang om reg te doen. Wanneer die Heilige Gees neerdaal en sonde openbaar, word Christene wat louwarm is of hulle standaarde in gedrang gebring het, oortuig van sonde.

Geliefde, die drang om sonde te laat staan en reg te doen, gaan vuurwarm en swaar word in God se Kerk van die laaste dae.