DIE DOEL VAN DIE HEILIGE GEES

Nicky Cruz

Die primêre doel van die Heilige Gees is om God se kinders met krag toe te rus om die verlorenes te bereik en om mense na die kruis van Jesus Christus te trek. Net soos Hy ons van ons sondes oortuig het, bearbei Hy die harte van ongelowiges en bring hulle van aangesig tot aangesig met hulle swakhede en mislukkings, met die sinloosheid van hulle lewens sonder God.

Toe Jesus sy dissipels voorberei het vir sy vertrek weg van die Aarde, het Hy vir hulle gesê, “Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. En julle getuig ook, omdat julle van die begin af met My is” (Johannes 15:26-27).

Jesus sê vir ons dat ons die waarheid van die evangelie ken, omdat God se Gees dit aan ons openbaar deur Sy woorde. Die Heilige Gees getuig van God se genade en goedheid. Ons vertroue op ons posisie in God se koninkryk kom nie vanuit ons eie hoop en verbeelding nie, maar van die Skepper self, van sy sagte fluistering in ons siel. Dit is hoe ons weet dat God se liefde werklik en defnitief en onwankelbaar is.

Jesus het verder die Heilige Gees se rol as volg verduidelik: “En as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie” (Johannes 16:8-9).

Dit is nie ons werk om mense van hulle sonde te oortuig nie. Die Heilige Gees doen dit reeds. En ons is nie hier om mense te veroordeel vir hulle sondes nie. Ons rol is bloot om daar te wees vir hulle, om hulle van Jesus te vertel, om hulle in hulle pyn en lyding te omhels, en hulle lief te hê tot binne-in God se wonderlike koninkryk.

Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om dit te red (Johannes 3:17). Moet ons nie dieselfde gesindheid hê nie?

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.