DIE DIEPSTE WERK VAN GOD

Carter Conlon

“God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid!... Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons” (Psalm 46:2-4,11-12).

“Laat staan en weet dat Ek God is!” is ‘n ontsaglike vers waaroor baie liedere geskryf en ontelbare preke gepreek is. Maar wat presies beteken dit om stil te wees? Beteken dit dat ons bloot niks doen nie?

Miskien wonder jy presies hoe jy veronderstel is om stil te wees wanneer alles rondom jou geraas en gejaadheid is – selfs dit wat daarop aanspraak maak om God voor te stel. Hoe laat sak jy jou hande en gee op om alles te probeer uitpluis as dit al is wat jy nog altyd gedoen het?

Die diepste werk van God is in werklikheid dit wat plaasvind in die verborge mens van die die hart. Dit is nie iets wat baie lawaai maak nie. Die Here self het hierdie waarheid geuiter toe Hy sy na eie volk deur die profeet Jesaja geroep het: “Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie” (Jesaja 30:15).

Met ander woorde, “Jy sou ware krag gekry het deur alle menslike pogings te laat vaar en jou vertroue te plaas in die werk wat net Ek kan doen.” Dit is die ware essensie van Christelike groei. Onthou, die Christelike lewe is ‘n bonatuurlike lewe. Niemand van ons kan onsself heilig maak nie – ons kan slegs ons lewe oorgee aan die Een wat hierdie heiligmakende werk in ons doen.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.