DIE DEERNIS VAN JESUS

Nicky Cruz

Keer op keer beeld die Evangelies Jesus uit as ‘n mens van ‘n innige en onwankelbare deernis. Na die dood van Johannes die Doper, het Jesus Hom afgesonder op ‘n boot om treur oor die verlies. Hy het geweet Johannes was in die hemel, maar Hy was hartseer vir diegene wat hy agtergelaat het.

Toe Jesus teruggekeer het na die strand, het Hy ‘n skare van vyfduisend mense gesien saamkom om Hom te sien. Matthéüs skryf dat Hy “innig jammer vir hulle gevoel” het. Toe het Hy vyf broodjies en twee vissies geheem en bonatuurlik kos vir almal voorsien (Matthéüs 14:14-21). Sy hart het uitgegaan na hierdie mense wat gekom het om by Hom te wees, en Hy kon dit nie verdra om hulle honger te sien nie. Hy het nie net kos voorsien nie, maar Hy het ook diegene wat siek was, genees.

Toe Jesus twee blinde mans gesien het op die pad na Jérigo, het Hy “innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg” (Matthéüs 20:34). Sy deernis vir hierdie mans het enige ander taak voor Hom oortref op daardie oomblik.

Op die pad tussen Samaria en Galiléa, het Jesus, toe Hy ‘n dorpie binnegegaan het, twee mans wat melaats was opgemerk en Hy het hulle genees (sien Lukas 17:12-14). Die melaatses het instinktief hulle afstand gehou, selfs van Jesus af. Die samelewing het hulle vermy en hulle was verwerp deur die wêreld. Maar Jesus het hulle gesien en het jammer gevoel vir hulle. Hy het hulle gesien as mense wat ‘n Saligmaker nodig gehad het.

Hoe reageer ons op die melaatses van ons dag – die uitgeworpenes van die samelewing? Wat doen ons kultuur met die armes, die verslaafdes, die alkoholiste, die sondaars? Sien die Liggaam van Christus hulle as mense wat hulp nodig het, verlore en soekend is?

Ons moet nooit vergeet wat Jesus vir ons en vir hulle rondom ons gedoen het nie. Sonder Sy reddende genade, sou ons net so verlore en hopeloos wees as daardie melaatses. Sonder Jesus is ons niks nie en sonder deernis het ons geen plek in God se koninkryk nie.

 Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run