DIE BRON VAN ONS KRAG

David Wilkerson

Die skrywer van Hebreërs prys die getuienis van daardie gelowiges wat deur getroue gebed versterk was: “Maar...julle...het...’n groot lydensworsteling deurstaan...omdat julle deur smaad en verdrukkinge ‘n skouspel geword het...en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar” (Hebreërs 10:32-34).

Dink daaraan: Die mense wat hier beskryf word, het hulle huise, hulle lewensonderhoud, alles verloor. En tog kon hulle saam met hulle herder, Paulus, getuig, “Ten spyte van al die beproewings wat ons oor ons pad gekom het, het die Here ons bygestaan. Hy het daagliks na ons gekom en ons al die krag te gee wat ons nodig gehad het om te oorwin.”

Geliefde, het jy by hierdie plek gekom? Ek vertrou jy kan sê, “Ten spyte van dit alles, weet ek dat Jesus my in moeilike tye sal bewaar. En Hy sal my alles gee wat ek nodig het omdat Hy my bron van krag is.”

Paulus het hierdie geheim van krag by sy bekering geleer. Nadat hy op die pad na Damaskus verblind is, het Hy drie dae deurgebring om te vas en te bid, vasbeslote om die werklike teenwoordigheid van die Here wat Homself aan hom openbaar het, te beleef.

Dit was toe dat die Here ‘n gelowige genaamd, Ananias, gelei het om te gaan en Paulus te bedien. “Want kyk, hy bid” (Handelinge 9:11). Net daarna sê die Skrif van Paulus, “Maar Saulus het al meer krag ontvang” (9:22).

Ons sien hierdie waarheid geïllustreer in ‘n gelykenis van Jesus oor die man wat brood soek by sy vriend teen middernag. Die man het self geen brood gehad nie, maar hy het geweet dat sy vriend al die brood gehad het wat hy nodig het. Daarom het hy aangehou klop aan die deur totdat sy vriend opgestaan het, die deur oopgemaak het en aan hom brood gegee het.

Geliefde, daardie vriend met die brood is Jesus. Hy is nader as ‘n broer en Hy sal ons met alles voorsien wat ons nodig het. Dit sluit nie net kos, klere en skuiling in nie (sien Matthéüs 6), maar ook bemoediging, krag en vrede.