Die Breek Van Jesus Se Hart!

Gedurende die tyd wat Jesus die aarde bewandel het, was Hy totaal God - en mens! Die man wat die dissipels gesien opvaar het na die hemel was dieselfde Jesus wat saam met hulle geloop, geeët en van wie hulle geleer het - dieselfde man wat hulle voete gewas het. En Hy het opgevaar in dieselfde liggaam wat hande op siekes gelê het en jong kindertjies vasgehou het.

Toe Jesus in die hemel opgeneem is, het Hy nie in `n gees verander nie. Nee, Hy was net soos ek en jy - Hy het die liggaam van `n man, die gesig, hare, neus, oë, tande, arms, bene, vingers en tone van `n man gehad. Hy was vlees en bloed, en Hy het sigbare letsels op Sy hande en sy gehad.

Nadat Hy opgevaar het, het twee engele die dissipels vertel, "Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het" (Handelinge 1:11). Met ander woorde, Hy het opgevaar as `n man, Hy is nou in heerlikheid as `n man en Hy sal dieselfde terugkom - beide as God en man. En wanneer Hy terugkom, sal ons Hom herken net soos Sy dissipels Hom herken het - as `n menslike wese sowel as God!

Op hierdie oomblik in Sy hemelse woning het Jesus `n substansie waarin Hy beweeg, en regeer. In der waarheid is Hy besig om `n stad te bou as `n geskenk aan Sy bruid. Dit sal ook uit die hemel neerdaal en sal so tasbaar wees soos die grond waarop ons nou loop. Daar sal strate, mure, hekke, huise, alles wees waaraan ons kan raak en wat ons kan voel. En dit sal van `n ewigheids substansie gemaak wees!

Wanneer ons verheerliking bereik, sal ons ongelooflike lig om ons aanskou. Maar geen engel sal sê, "Jesus is slegs Gees nie - Hy is die lig wat jy reg om jou sien" Nee jy sal Hom van aangesig tot aangesig sien! Ons sal aan Hom kan raak, Hom kan omhels en met Hom praat. Hy sal vir ewig tussen ons loop want Hy is God in `n menslike vorm. Hy sal speel met kinders. En Hy sal ons onderwyser wees dwarsdeur die ewigheid en sal aan ons die geheimenisse van sy skepping bekend maak!

Ons het `n Man in die heerlikheid en Hy het soontoe gegaan met al Sy menslike gevoelens. Hy het nie Sy menslikheid afgestroop toe Hy opgevaar het nie. Nee - Hy is steeds `n man met diepe gevoelens en wat aangeraak word deur ons gevoelens en swakhede. Hy lag, treur, juig, sing en huil!

Jy kan maar sê, "Jesus kan onmoontlik nie in die hemel huil nie. Jy kan nie God se hart breek nie. Dis belaglik!"

Ja, Jesus het gehuil terwyl Hy op aarde was. En op hierdie oomblik in die ewigheid, is Hy dieselfde Jesus wat afgekyk het na Jerusalem en gehuil het: "Toe Hy nog nader kom en die stad voor Hom sien, het Hy daaroor gehuil en gesê: 'As jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor" (Lukas 19:41-42).

Die stem wat Saulus op die pad na Damaskus gehoor het, was die stem van Jesus, wat vanuit die heerlikheid gespreek het. En wat Jesus gesê het bewys dat Hy diep geraak word deur dit wat ons sê en doen: "Hy het op die grond neergeval en `n stem hoor sê: 'Saul, Saul waarom vervolg jy My?'" (Handelinge 9:4).

Hy het aan Saulus gesê, "Jy maak My seer! Ek voel jou haat - Ek voel die pyn van al hierdie Christene wat jy vervolg. Jy vervolg My!" Jesus het Homself aan Saulus geidentifiseer as `n man - een wat vervolg word deur `n ander man!

Paulus het die Jode later vertel: "'Wie is U, Here?' het ek gevra. 'Ek is Jesus van Nasaret,' het Hy my geantwoord, 'Dit is vir My wat jy agtervolg'" (Handelinge22:8). Jesus het Homself aan Paulus geidentifiseer, nie as `n Koning van konings nie, ook nie as Here van here nie, maar as `n Nasarener! Met ander woorde, "Ek is dieselfde man wat in jou land gepreek het. My vader Josef het sy tuiste gemaak in Nasaret in Galiliä. Jy weet alles omtrent My wonderwerke." Jesus het vanuit die hemel met Saulus gepraat soos `n man - Hy het Sy menswees bevestig!

Geliefdes, selfs nou in sy heerlikheid, voel Jesus nog. En Hy word steeds seergemaak - Sy hart word steeds gebreek - deur Sy eie kinders!

"en as iemand vir die profeet sê: 'Wat se wonde het jy dan op jou bors?' sal hy antwoord: 'Iemand het my so geslaan indie huis van my vriende'" (Sagaria 13:6).

Inderdaad, die skrywer van Hebreërs waarsku teen Christene "wat sal wegval" van Christus af. Hierdie is mense wat op `n stadium ".verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees." (Hebreërs 6:4). Hulle het die goeie Woord van die Here gesmaak en die kragte van die wereld wat nog kom - nogtans "kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot `n bespotting" (vers 6).

Laat my toe omjulle iets van hierdie openlike skande te vertel. `n Paar weke gelede het ek `n dogter uit "Hannah House" (uitreik na vroue, wat in die moeilikheid is) met haar tas sien loop. Sy het weg van die Here af geloop - terug na haar sonde toe! Sy was gered en was `n getuienis van Sy genade. Maar nou het sy dit alles verwerp - en Jesus in die openbaar beskaam!

Hoe langer jy die Here ken - soveel te meer het jy van Sy genade en seën geproe - soveel erger is hierdie openbare skande. Jy sê vir die wêreld, "Ek het die vrede en geluk van Jesus geproe. Ek weet hoe dit was om alle skuld en oordeel verwyder te hê. Ek het die teenwoordigheid van die Heilige Gees geniet. My oë was geopen - Ek het die dinge van die Bybel verstaan. Ek het liefde en gemeenskap ervaar soos nog nooit tevore nie. Ek het Jesus se offer vir my aan die kruis verstaan.

"Maar ten spyte daarvan, was Jesus nie genoeg nie! Wat die duiwel my nou bied is beter as enige iets wat Jesus my ooit geoffer het. Ek het Jesus probeer, maar Hy bevredig my nie - Hy vervul my nie regtig nie. Ek kyk nou maar na ander plekke."

Dit is die getuienis van die openbare skande! Sulke mense sê in werklikheid, "Die kruis was verniet. Kruisig Hom weer - en weer en weer! Laat Hom hang. Hy gee my nie waarvoor ek soek nie!"

Hulle wond Jesus, maak `n openbare spektakel van hulle veragting vir Hom, maar hulle voel nie die skande daarvan nie - Hy wel! Die Skrif sê, "My volk, wat het Ek jou aangedoen?" Waarin het Ek gevaal dat julle voorvaders van My af weggedraai het" (Jeremia 2:5). "My volk, wat het Ek jou aangedoen? Hoe het Ek jou moeg gemaak? Antwoord My!" (Miga 6:3).

Daar is baie vandag wat hulleself gelowiges noem. Hulle gaan gereeld kerk toe. Hulle dink aan hulle self as werklike gereddes. Inderdaad, ons kerke is gepak met presies sulke Christene - maar tog breek hulle aanhoudend die hart van Jesus!

Ek het voorheen gedink dat ek Jesus die meeste gewond het deur my mislukkings, sondes en tekortkominge. Ek was bang om ooit skuldig te wees aan ontug, owerspel, materialisme, sy Naam te vloek, ens. - die sonde waaroor die kerk frons.

Natuurlik moet ons vlug van ontug en alle ander sondes van die vlees. God sê Hy sal hulle oordeel wat sulke sondes doen. Maar hierdie is primêr sondes teen ons eie liggame: "Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat `n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam" (1 Korintiërs 6:18). Hierdie sondes het hulle onmiddelike oordeel hier op aarde: skuldgevoelens, aandiekaakstelling, reputasie verloor, egskeiding, pyn, VIGS, selfs die dood. Alles eindig in hartseer, eensaamheid, veroordeling. En alles maak jou eie liggaam seer.

Tog, `n Christen kan in die kerk sit en nooit een van hierdie sondes doen nie - en nog steeds Jesus se hart breek! Die sondes wat Sy hart breek het te doen met liefde. Ek noem dit "sondes teen die liefde".

U sien, elke gelowige is `n lid van die bruid van Christus. Die Bybel vergelyk ons as die beloofde bruid -ons is verbind daartoe om met Jesus Christus te trou: Paulus sê: "Ek waak oor jou met `n ywer wat van God kom, want julle is soos `n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring" (2 Korintiërs 11:2).

U is verloof, beloof, gebonde aan een man - Christus! "Hy wat jou gemaak het is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige." (Jesaja 54:5). Hierdie wonderlike verlowing gaan voltrek word in heerlikheid tydens die bruilofsmaal van die Lam. Ons gaan getroud aan Jesus bly vir die duur van die ewigheid!

Maar ons word ook vergelyk met `n verlate vrou, hopeloos en onbegeerd: "Jy is `n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan `n man sy eie vrou vergeet?" (vers 6). Jesus het u gevind, skoongemaak, nuwe klere vir u aangetrek, u gevra om u lewe en liefde aan Hom te belowe - en u het ja gesê! Dan sit Jesus `n ring aan u vinger - die Heilige Gees. U het weg beweeg van al jou ou liefdes en weë. Uhet gesê, Jesus, U is my liefde, my toekoms, my enigste. Ek het U lief met my hele hart. Ek sal opreg en getrou wees!"

Maar tog breek u nog gedurigdeur Sy hart! En Hy huil oor u! U vra, "Ek, Jesus se hart breek? Ek aanbid Hom! Ek is lief vir sy Woord. Hoe kan ek Sy hart breek?" Laat ek drie dinge uitwys, hoe u nou moontlik Jesus se hart breek:

Jesus voel net soos enige verloofde man sal voel teenoor sy toekomstige bruid. Inderdaad, Hy verduur dieselfde pyn wat enige man sou verduur as sy geliefde oor en oor vir hom vertel, "Ek is lief vir jou" - maar min of geen aandag gee nie!

Wat sal enige man dink as sy toekomstige bruid hom na haar huis toe nooi, hom in die sitkamer laat sit - en dan haar eie weg gaan? Sy werk in die kombuis, vee die huis, verander die beddegoed - maar praat nooit met hom nie!

Sy mag sê, "Maar, hy is altyd in my gedagtes." Ek het mense dieselfde hoor sê oor Jesus: "Hy is heeldag in my gedagtes, in alles wat ek doen." Maar u kan Hom heeldag in u gedagtes hê en Hom nog steeds verwaarloos!

Dit is presies wat dit is - verwaarlosing - en die bruid se sogenaamde liefde is `n leuen! Sy mag haar verloofde vertel dat sy hom waarlik lief het, maar haar aksies vertel hom sy is nie. Anders sal hy eerste kom in haar lewe!

Die Here vra: "Vergeet `n meisie haar juwele of `n bruid haar trourok? Tog het My volk My jare gelede al vergeet" (Jeremia 2:32). Dawid het ook gesê dat Israel die Here bly vergeet het: "So het hulle vir God, hulle redder, vergeet, Hy wat groot dinge in Egipte gedoen het" (Psalm 106:21).

Die Here het sy pyn in die Skrif vervat vir die hele wêreld om dit te sien! Hy sê openlik, "My volk verwaarloos My dae aaneen!" Elke generasie het daarvan gelees. Tog, waarom sou die Here die hele wêreld vertel van die verwaarlosing? Moet geliefdes se verskille nie liewer stil gehou word nie?

Nee - Hy wil dat ons weet hoe seer Hy het! Hy vertel die hele wêreld omdat Sy hart gebreek is deur ons optrede!

Kom ons sê u is `n verloofde jong vrou en u gaan kerk toe met u toekomstige bruidegom. U neem sy hand en vertel aan almal, "Ons gaan trou. Ek is lief vir hom - hy is wonderlik!"

Maar die oomblik as u by die deur uit is, praat u nie `n woord met hom nie. U bly stil! Natuurlik sê hy vir u, "Waaroor het alles in die kerk gegaan? Was dit net huigelary, `n vertoning? Waar is die intimiteit nou - waar is die liefde wat jy in die kerk aan my getoon het?"

Ek wil nie `n bruid hê wat al my deugde uitroep, liefderyke dinge in die publiek oor my sê, liefdevol in my oë kyk en sê hoe kosbaar ek is nie - en later koel word en nie kwaliteit tyd met my spandeer nie. Dit is om my as vanselfsprekend te aanvaar - en nie ware liefde nie!

Geliefde, as u nie elke dag kwaliteit tyd met Jesus het nie - as u nie tyd in gebed met Hom spandeer nie, of Sy Woord soek nie - dan het u Hom nie lief nie! U is `n skynheilige en `n leuenaar - en u breek Sy hart!

Onlangs het ek `n moeilike tyd gehad om `n woord vir hierdie boodskap van die Here af te kry. Ek het vir dae gebid, ure ingesit - en tog nêrens gekom nie. Ek het die Here gesmeek om my te wys as daar iets is wat keer om my Sy stem te laat hoor.

`n Paar dae later het die antwoord vir my boodskap uiteindelik gekom: "Die gebroke hart van Jesus." Ek was so dankbaar - maar het gedink, "Here, hoekom het U drie dae gewag? U kon my dit gedurende die eerste eerste uur wat ek gebid het, vertel het. Ek het vier verskillende preke begin, en geen een van hulle het gewerk nie."

Die Here het geantwoord, "Ja David - Ek kon jou hierdie boodskap dadelik gegee het. Maar Ek het gewag want Ek was honger vir gemeenskap met jou. Ek wou met jou wees omdat jy vir my kosbaar is. As ek hierdie boodskap aan jou gegee het gedurende die eerste uur dan sou jy na jou boeke toe gehardloop het en sou ons nie hierdie tyd saam deurgebring het nie."

"Jy het dit nodig gehad om naby aan My te gewees het gedurende daardie ure. Ek het geweet dat My teenwoordigheid jou sou versterk. Daarom het Ek gewag totdat ons gemeenskap volbring was en jy in My rus ingegaan het."

As jy bid het vir iets en nie `n antwoord kry nie, mag die Here dalk aan jou sê, "Hou uit - wees stil. Ek wil tyd met jou hê. Moet nie My hart breek nie!" Ons het tyd vir vriende, telefoon oproepe, partytjies, werk, dinee byeenkomste. Maar ons breek Jesus se hart omdat ons nie tyd vir Hom het nie!

"In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek, op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak. Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het. Jou soekery het jou moeg gemaak" (Jesaja 57:8, 10).

Hierdie is die gekreun van ons hartgebroke Here. Hy sê, "Jy verkul My! Jy het iemand anders gevind, want jy is moeg om by My te wees!"

Ek ken `n wonderlike Christen eggenote wat sy vrou bemin. Hy is so gelukkig met haar. Maar na `n rukkie het sy hom begin verwaarloos - tog het hy nie gekla nie. Toe eendag kry hy die skok van sy lewe: Sy het hom vertel dat sy `n ander man sien. Sy het gesê, "Ek wil uit - ek wil met iemand anders trou!"

Hulle is agt jaar gelede geskei. In die laaste paar jare het `n wonderlike Christen vrou in die jong man se lewe gekom. Op die oomblik gaan hy uit met `n vrou wat hom baie liefhet en wat graag wil trou. Maar hy is steeds lief vir sy vrou - hy hoop sy sal terugkom!

Ek gebruik hierdie voorbeeld nie om fisiese egbreuk te noem nie - dit is nie die verneuk waarvan ek praat nie. Ek praat van die bedrieg van Jesus - geestelike egbreuk. Hulle wat Jesus verwaarloos sal Hom eendag ook bedrieg! Selfs die bietjie liefde wat hulle nou het sal doodgaan - en die liefde van iets anders sal inkom.

Wat is hierdie ander liefde? Is dit liefde vir die wêreld en sy dinge: "Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie" (1 Johannes 2:15).

U mag antwoord, "Ek het nie die wêreld lief nie. Ek drink of rook of vloek of loop nie rond nie. Ek is `n goeie familie mens".

Maar u "ander liefde" kan u werk of u loopbaan wees. Wat ookal u tyd in beslag neem, gedagtes en energie, is nou u eerste liefde! U het geen tyd vir Jesus nie - en u verkul Hom deur uself toe te draai in u werk. Dit neem voorkeur oor alle ander dinge!

U stry, "Maar ek moet `n lewe maak!" Ja - maar teen watter koste? U siel? U liefde vir Jesus? U wil die dinge van hierdie wêreld hê - anders sou u minder tyd daarop gespandeer het!

Paulus het gesê dat selfs `n leerstelling die "ander liefde" kan wees. U kan vasgevang word deur `n valse evangelie en dit meer liefhê as vir Christus:

"Ek waak oor julle met `n ywer wat van God kom, want julle is soos `n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus. Maar ek is bang dat julle gedagtes weggelei sal word van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus.. Ek sê dit omdat julle so maklik genoeë neem as iemand `n ander Jesus kom verkondig as wat ons verkondig het, en julle neem net so maklik `n ander gees en `n ander evangelie aan as dié wat julle van ons ontvang het" (2 Korintiërs 11: 2-4).

Pasop vir hulle wat julle wil indoktroneer! Hulle "preek `n ander Jesus," waar hulle wil hê dat julle vir hulle leerstellings moet lief word. Dit het hulle liefde geword. Maar Paulus waarsku dat ons geeneen behalwe Christus, Hy gekruisig, moet volg nie! Hy het gesê, "Moenie korrup word as gevolg van die eenvoud van Jesus en Sy evangelie nie!"

Daar is `n kultus in New York Stad wat duisende gelok het. Hierdie mense het Jesus nie lief nie - hulle liefde is die waterdoop. Hulle sê, "Julle kan by ons aansluit slegs deur gedoop te word. Jy kan nie gered word as jy nie na ons kerk kom en deur ons doop gaan nie." Hulle stuur mense rondom die wêreld om selfs net `n enkel persoon te doop!

Ek glo in die waterdoop. En ek glo elke Christen moet gedoop word. Maar hierdie groep se evangelie is glad nie omtrent Jesus nie - dit is omtrent die doop met water. Hulle praat vloei nie met die liefde vir Jesus nie. Dit is alles omtrent die ander evangelie - "`n ander Jesus"!

Daar is Christene oral wat net wil praat oor hulle eie kerke of troetel leerstellings. Meestal beteken hulle onderwyser vir hulle meer as Jesus. Hulle het Christus in `n hoek iewers gelos. En hulle verkul Hom - omdat hulle aan `n soort leerstelling getroud is!

Ek weet ook van Christen getroudes wat hulle ongeredde maat as substituut vir Jesus gebruik. Dit is hulle "ander liefde". Hulle is so versot op hulle maat dat hulle selfs sonde vir hom doen! Hulle gaan drink en gaan van klub tot klub saam met hulle - en hulle verwaarloos God se huis, hulle verwaarloos gebed. Hulle gehoorsaam hulle maat meer as wat hulle Christus gehoorsaam!

Indien u u man of vrou aanbid, dan bedrieg u vir Jesus - u het `n ander minnaar! Ek sal nooit een van die eerste dwelmverslaafdes vergeet wat gered was deur "Teen Challenge" nie. Sy naam was Joseph, en hy was vreeslik! Hy het sy vrou geslaan en sy baba mishandel. Hy het alles uit hulle huis gesteel om dwelms te koop.

Joseph se vrou het my gesmeek om hom na die sentrum toe te neem. Ons het - en hy is wonderbaarlik gered! Hy is van die dwelms af en drie maande later is hy huistoe met `n Bybel in sy hand en `n glimlag op sy gesig.

Maar, na `n week by die huis, vertel Joseph se vrou vir hom, "Ek het meer van jou gehou toe jy anders was en `n dwelmverslaafde was!" Sy het uitgegaan en drie sakkies heroin gekoop en dit op die tafel voor hom neergesit en gesê, "Gaan daarvoor!" Sy het `n "ander liefde" - haar ongeredde man van die verlede!

Hoe moet dit nie Jesus se hart breek wanneer ons Sy bevoegdheid en begeerte, om te doen wat die beste is vir ons, bevraagteken nie! Die Bybel sê duidelik aan ons hoe die Here wonderbaarlik en besonder nougeset omgesien het na Rut. Rut het haar liefde aan Jehova God belowe. Sy het haar moeder Naomi vertel: ".u volk is my volk; u God is my God." (Rut 1:16).

God het Rut lief gehad en Hy het elke deur vir haar oopgemaak. Sy was arm en moes in die lande werk - maar die Skrif sê, "Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, `n familielid van Elimelek"(Rut 2:3).

Daar is nie `n kans in die wêreld dat dit net "gebeur" het nie. Dit was die Here wat gedoen het wat Hy gedoen het, want Hy het geweet wat was die beste vir Rut!

Rut het eenvoudig die Here liefgehad - sy het al haar vertroue in Hom gestel. En God het `n baie ryk man vir haar voorberei as `n eggenote! Boas het Rut gesien in die lande en oombliklik onderskei, "Sy is anders - regtig anders," sy hart was gevang!

Wat `n lieflike storie - en wat se ongelooflike omstandighede het dit nie teweeggebring nie. Rut het met hierdie goddelike man getrou. En as die Here dit vir Rut sou doen, sal Hy nie reg doen aan Sy eie bruid in alle omstandighede nie?

Ons het Iemand wat ryker en magtiger is as Boas. Hy besit die beeste op `n duisend heuwels. Hy weet alles en kan alles doen - en Hy is lief vir Sy bruid! Ja, die Here bewerk alles in jou lewe vir jou absolute beste. En Hy verkry groot plesier daaruit om dit te doen. Selfs deur swaarkry en teenslae, kry elke liefhebber van Jesus, Sy volle aandag!

Tog, hartseer, dat ons, ons nie daarin berus nie. Ons twyfel of Hy te alle tye aan diens is, besig om alles ten goede vir ons uit te werk. Ons kyk na ons omstandighede en sien Hom nêrens aan die werk nie.

Geliefdes niks breek Sy hart meer nie! Paulus beskryf die bruid van Christus as, ".sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergliks" (Efesiërs 5:27)."Rimpel" hier meen "plooi," soos op `n mens se gesig - `n geplooide wenkbrou. Dit spreek van bekommernis, ergernis. En Pauls sê, Jesus se bruid sal geen "bekommernis plooie", hê nie"!

Die bruid van Christus rus in Sy liefde. Sy is selfversekerd. Hy weet waar sy is, hoe sy voel, wat sy deurgaan en wat die beste vir haar is. En Sy liefde gee vir haar vrede en kalmte. Sy weet dat Hy nooit sal toelaat dat enige iets haar van Hom sal afsny nie of haar seermaak nie. Hy sal haar bewaar - omdat Hy gesê het, "Sy is Myne!"

Dit is wat Jesus nou oor u ook sê - "Jy is Myne! En jy kan vertrou dat Ek gaan doen wat die beste vir jou is."

Liewe heilige, verwaarloos u vir Jesus? Breek u Sy hart omdat u nie tyd vir Hom het nie? Vertrou u Hom nie omdat u Hom nie aan die werk sien vir u onthalwe nie?

Bid hierdie gebed uit u hart uit:

"Here, vergewe my. Maak hierdie boodskap eg vir my. Laat U Woord so diep in my hart insink, dat wanneer ek opstaan hier waar ek dit lees, ek nie U groot liefde vir my sal vergeet nie."

"Ek wil U nie langer verwaarloos nie, Jesus. Ek wil U nie meer verneuk nie. En ek wil nie my verder bekommer of ergerlik word nie - ek wil nie dat my plooie U bruid bevlek nie. Ek glo dat U vir my gaan sorg, dat U my gaan bewaar - omdat ek verloof is aan U!"

Amen!

---
Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA.