DIE BOODSKAP ALLEEN IS NIE GENOEG NIE

Jim Cymbala

Die dissipels was gretig om te begin evangeliseer, maar Jesus het hulle opdrag gegee om “in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Lukas 24:49). Jesus het beter geweet as die dissipels dat die toerusting nodig vir die werk, meer was as skerpsinnige intellek, menslike talent en selfs ‘n opregte hart. Daarom het hulle Jesus gehoorsaam en gewag in die bovertrek, terwyl hulle bid, sing en God prys.

“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit het. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek” (Handelinge 2:1-4).

Die Gees was uitgestort net soos Jesus belowe het. Wat die profeet Joël voorspel het, het gebeur. “En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom” (Handelinge 2:17). Dit het beteken dat ‘n nuwe soort vermoë beskikbaar geword het. “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom” (Handelinge 1:8). Hierdie ontsagtlike krag uit die hemel was nodig op aarde om Christus se koninkryk te bou.

Was daardie dissipels opregte gelowiges in Jesus terwyl hulle in Jerusalem gewag het? Ja. Het hulle die regte leerstellings gehad? Ja. Kon hulle uitgaan en preek sonder die Heilige Gees? Ek is seker hulle wou, maar Jesus het geweet hulle was nie gereed nie. Hy het geweet van die krag van die vyand wat hulle sou moes trotseer, die ontmoedigings en die teëstand. As die Heilige Gees se krag toe nodig was, het enigiets verander tot op hierdie dag? Sal enigiets anders as die Gees se krag wat deur ons werk die mure van ongeloof afbreek en die magte van sondige gedrag breek terwyl ons die evangelie verkondig?

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.