DIE BERG VAN GOD SE HEILIGHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Ons sien ‘n heerlike beeld van genade met God se ingryping in Sodom toe Hy letterlik Lot en sy familie gegryp het en hulle uit die stad uitgesleep het. “Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne [engele] hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad” (Génesis 19:16).

Terwyl Lot nog getalm het op die rand van verwoesting, met geen krag of wil om homself te red nie, het God hierdie verwarde, misleide sonde-gebonde man na veiligheid gelei. Hy het in wese vir Lot gesê, “Ek het jou lief en gaan jou nie laat sterf in hierdie uitstorting van oordeel nie. Jy is ‘n regverdige man, Lot, en Ek het jou gewaarsku. Kom nou!”

“Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe” (Romeine 5:6). Die letterlike betekenis vir “swak” is hier “sonder vermoë of wil.” God sê Hy is gewillig om vir ons op te tree omdat ons niks het om te gee nie!

Die Here het nog een opdrag vir Lot gehad: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie” (Génesis 19:17). Die berg verteenwoordig hier God se teenwoordigheid, ‘n plek alleen saam met Hom. Ons sien hierdie beeld herhaal word dwarsdeur die Skrif: Op ‘n berg was Moses deur God se heerlikheid aangeraak; Jesus sy Vader in gebed gesoek; was Christus verheerlik voor sy dissipels.

“Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg” (Psalm 48:2).

“Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, at Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel” (Jesaja 2:3).

Wanneer God jou verlos deur geloof in sy beloftes, vlug reguit na die berg van sy heiligheid – sy teenwoordigheid.