DIE BEMAGTIGING VAN GOD SE KINDERS

Jim Cymbala

In die begin van Jesus se openbare bediening, het ‘n merkwaardige ding gebeur in die sinagoge van sy tuisdorp Násaret. Waarnemend as die aangewese leser van die Ou Testament gedeelte vir daardie Sabbatdag, het die Here die volgende woorde gelees:

“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig” (Lukas 4:18-19).

Jesus het sy publieke lesing opgevolg met hierdie verstommende woorde: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul” (Lukas 4:21). Hierdie beroemde gedeelte uit Jesaja 61 was gespreek oor die Messias vir wie Israel gewag het. Jesus het homself verklaar as daardie Beloofde Een. Hierdeur het Hy aan sy eie dorpsmense verduidelik dat Hy baie meer was as bloot die seun van die skrynwerker wat hulle gedink het Hy was.

Let noukeurig op waarom Jesus gesalf was deur God en waarom die Gees op Hom gerus het met krag. Sy doel was om goeie nuus te dra aan arm mense met min aardse hoop, om geestelike vryheid uit te roep vir die wat deur sonde en Satan vasgevang was, om die boodskap van verlossing te verkondig wat God wou hê almal moes hoor en beleef. Dit is waarom die Heilige Gees Christus so wonderbaarlik bemagtig het – om sondige, behoeftige mense te help om hulle pad terug na God te vind. Hy was nie gegee sodat ons Christene opwindende byeenkomste en oomblikke van geestelike ekstase kon hê nie, so wonderlik as wat dit mag wees.

Die Heilige Gees was gestuur om talle goddelike planne uit te voer, maar aan die bopunt van die lys, was die bemagtiging van God se kinders om die wêreld met die evangelie van Christus te bereik. As ons God se hart van liefde verloor vir die wêreld – insluitend ons eie stede en woonbuurtes – sal ons min van die Gees se krag beleef, omdat ons nie dieselfde idee het as ons Here nie.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.