DIE BELOOFDE UITSTORTING

David Wilkerson

Ek is oortuig die Here probeer deurbreek na Sy mense soos nog nooit tevore nie.

“Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U” (Jesaja 64:4, my beklemtoning).

Wie sal hierdie beloofde uitstorting ontvang? “Wie op Hom wag.” Die woord vir wag, beteken hier “saambind,” “vergader.” In hierdie geval, word God se mense vergader en saamgebind vir een doel, terwyl hulle aan een belofte vashou: dat Hy sal neerdaal met Sy teenwoordigheid en harte aanraak.

Daar is reeds bewyse dat God die hemele skeur en neerdaal deur Sy Gees.

‘n Groeiende honger vir Hom in Christus se Liggaam

Die uitbreek van blydskap selfs al word dinge donkerder

Een van die sekerste bewyse dat die Heilige Gees begin het om bonatuurlik te werk, is ‘n gees van blydskap wat oral uitbreek onder God se mense en veroorsaak dat hulle Hom triomfantlik prys te midde van donker tye.

“U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen” (Jesaja 64:5).

Hierdie blydskap sal die bron van ons krag wees in die dae wat kom. Ons bediening ontvang berigte van dwarsdeur die wêreld wat beskryf hoe die kerk bonatuurlike blydskap ervaar in die slegste toestande. En dit gebeur ook onder gewone Christene wat tot die Here gebid het om hulle aan te raak. Hulle berge van vrees smelt soos was en hulle roep uit van blydskap.