DIE BEDIENING VAN LERING VAN DIE HEILIGE GEES

Jim Cymbala

Soos enige ander bedienaar vandag, het Jesus gepreek deur net Sy stem te gebruik. En net soos enige gemeente wat vandag ‘n preek hoor, kon die dissipels Sy woorde slegs met hulle ore hoor en met hulle verstand prosesseer. Maar die waarheid van God is anders as wiskunde of die wette van die wetenskap. Dit kan verstaan en toegepas word in ons lewens slegs wanneer dit in ons innerlike mens geopenbaar word: dit is waar sy lewensveranderende krag werk (sien Matthéüs 13:18-23).

BLOTE FEITE IN ONS BREINSELLE

‘n Goddelike boek moet ‘n goddelike leermeester hê, sodat sy boodskap geopenbaar kan word op ‘n geestelike vlak. Andersins verbrokkel die boodskap net tot feite wat slegs in ons breinselle bly. Dat Jesus in Bethlehem gebore was, is ‘n feit. Om die glorieryke betekenis van Immanuel, God met ons, en die betekenis van waarom Hy in ‘n stal gelê het, te verstaan, vereis goddelike lering. Daarom is dit absoluut noodsaaklik vir die Heilige Gees om ons Leermeester is om die Bybel werklik te verstaan. Die Gees kan alle menslike beperkinge van stem, oor en brein oorkom, want Hy leer in die klaskamer van die hart

SKIELIK, WORD DIT LEWEND!

Dit is waarom ons vir jare ‘n deel van die Skrif kan lees en dan, wanneer ons dit weer lees, word dit skielik lewend. Ons verstaan dit op ‘n splinternuwe manier. Ons vra, Waarom het ek dit nog nie voorheen gesien nie? Dit is die bediening van lering van die Heilige Gees.

Natuurlik speel leraars ‘n belangrike rol, net soos apostels, evangeliste, profete en herders. Maar selfs wanneer leraars hul bes doen, is die enigste manier vir ons om uiteindelik deur die Woord geseën te word, deur die innerlike lering van die Heilige Gees. Die Gees is getrou om ons te help om te kan onderskei tussen waarheid en leuen en ons te bewaar van sataniese verdraaiings. Maar vir dit alles om te gebeur, moet ons kom met nederige, leerbare harte.

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.