DIE ARK VAN VEILIGHEID

David Wilkerson

As ek deur my geloof moet leef, moet ek doen soos Noag gedoen het en ‘n ark bou om die storm deur te sien.

“Deur die geloof het Noag . . . met eerbiedig vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin” (Hebrews 11:7).

Die ark wat Noag gebou het, verteenwoordig Jesus Christus – en daar is geen ander veilige plek op aarde nie.  

Toe Jesaja geprofeteer het van ‘n koning wat in geregtigheid kom heers, het hy Christus beskryf:

“En elkeen sal wees soos ‘n toevlug teen die wind en ‘n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in ‘n dor streek, soos die skaduwee van ‘n swaar rots in ‘n land wat versmag” (Jesaja 32:2).

Dwarsdeur die wêreld is mense op soek na ‘n veilige plek om hulle geld te bêre. Menigtes koop gewere om hulle families te beskerm tydens, wat hulle glo ‘n donker tyd sal wees van “elke mens vir homself.” Dit sluit Christene wat die Bybel glo in.

Daar is egter geen plek van gewaarborgde veiligheid op die aarde nie, behalwe om in Jesus te bly. Ek verklaar dit nie as een of ander leë teologie wat Christene dikwels onnadenkend uiter nie. Vir meer as tweeduisend jaar, het diegene wat op Jesus vertrou het vir veiligheid, bewys dat God se woord getrou is.

“Die Naam van die HERE is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut” (Spreuke 18:10).

“Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil” (Psalm 18:2).