DIE AANBIDDING WAARDIG ONS WONDERLIKE GOD

Gary Wilkerson

Die Skrif is vol waarskuwings oor leë aanbidding aan God bring. As die kerk vandag net gaan oor positiewe denke, self-help en mense laat beter voel, dan kon hedendaagse guru’s soos Tony Robbins of Oprah Winfrey dit vir ons gedoen het. Maar die kerk gaan nie oor wat óns kan doen nie; dit gaan oor wat Christus kan doen.

Die musiek en preke in die kerk is nie vir vermaak nie. Die kerk is God se huis en wanneer ons in sy Naam vergader, bevestig Hy dit met sy teenwoordigheid. God se teenwoordigheid behoort so sentraal, so tasbaar te wees, dat wanneer ‘n ongelowige inkom, hy op sy knieë sal val van verwondering en uitroep, “Waarlik, God is in hierdie plek!”

Vir ‘n lang ruk is daar gedebatteer oor wat God meer verheerlik, die ou gesange of kontemporêre musiek; natuurlik is die antwoord, nie een nie. Ons het net één standaard van aanbidding: “Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Johannes 4:23-24).

Gedurende ons tye van aanbidding, moet die fokus altyd wees op Jesus en wat Hy gedoen het. Kyk na die wonderlike teologie wat Charles Wesley in ‘n gesang saamvat:

En kan dit wees dat ek sou win
  ‘n Belang in die Saligmaker se bloed?
Hy het gesterf vir my, die oorsaak van sy pyn
  Vir my, wat Hom na die dood gestuur het?
Wonderbare liefde! Hoe kan dit wees,
  Dat U, my God, vir my moes sterf?

Daar is ook pragtige diep liedere geskryf deur kontemporêre liedjieskrywers wat ons op ons knieë dwing.

Dit is die aanbidding verskuldig aan ons wonderlike God: “Here, U is groter, liefliker, en meer glorieryk as enigiets bekend aan die mens. Ons buig in eerbied voor U neer!” Met dit in gedagte, verhef jou stem met gesange van lof en aanbidding tot ons Koning, vandag!