Dié Wat Vertrou

David Wilkerson

Die apostel Paulus beskryf ons tye wanneer hy skryf, “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom... Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word” (2 Timóthéus 3:1,13). Dink aan die groot verbandmaatskappye wat die armes, die ongeskooldes en werkloses verlei en mislei. Hierdie niksvermoedende mense was gelok om vir verbande te teken wat hulle nooit sou kon terugbetaal nie en toe betaaldag gekom het, was hulle sonder huise gelaat. Betroubare banke het misluk weens die misleiding, maar bestuurlsui het uitgespring met “goue valskerms” van veelvuldige miljoene dollars.

Ek lees van een bestuurder wat ‘n peperduur partytjie gehou het, die hele nag lank gedans het en drank vrylik gevloei het, terwyl hy goed geweet het dat sy maatskappy besig was om te sink. Hy en ander het wild feesgevier, ten spyte daarvan dat hulle bewus was dat honderde duisende mense hulle huise sou verloor. Dit is ‘n duidelike vervulling van hierdie profesie in Sefánja 1:9 “[Hulle] wat oor die drumpel [van die armes] spring, wat die huis van hulle here vul...”

Hoe lank dink ons sal God geduld hê met sulke gekheid en bespotting van Sy naam? Die Here het die laaste woord oor die saak en Hy sê, “Ek sal ook in dié dag besoeking doen oor almal” (1:9). Kortom: “Ek sal hulle tot skande maak.”

“Hulle swaard sal in hulle [eie] hart gaan, en hulle boë [rykdom] sal verbreek word” (Psalm 37:15). Selfs terwyl ek hier skryf, word twee biljoenêrs uitgehelp omdat hulle rykdom oornag verdwyn het.

Op dieselfde tyd as die Here die goddelose vergeld, sal Hy diegene wat op Hom vertrou, beloon.

“Vertrou op die HERE en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid” (Psalm 37:3).